RUT 1:5-6
RUT 1:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Toe het haar seuns ook gesterf, en Naomi het alleen oorgebly. Haar man en haar seuns was dood. Toe hoor Naomi die Here was weer goed vir sy volk, Hy het vir hulle reën gegee, en daar was weer kos in hulle land. Sy en haar twee skoondogters het gereedgemaak om terug te gaan uit die land Moab.
RUT 1:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly, het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.
RUT 1:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe haar twee seuns Maglon en Kiljon ook sterf, het sy alleen agtergebly sonder haar seuns en sonder haar man. Toe sy verneem dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle 'n goeie oes te gee, het sy en haar skoondogters klaargemaak om van Moab af terug te gaan.
RUT 1:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
toe is ook die twee seuns, Maglon en Kiljon, dood. Die vrou het alleen agtergebly, sonder haar twee kinders en sonder haar man. Sy het toe gereedgemaak om met haar skoondogters terug te keer uit die gebied van Moab, want sy het daar in die gebied van Moab gehoor dat die HERE na sy volk omgesien het deur vir hulle brood te gee.
RUT 1:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mahlon en Kiljon het ook albei gesterf; en die vrou het oorgebly van haar twee seuns en haar man. Toe het sy haar klaargemaak met haar skoondogters om terug te keer uit die land van Moab; want sy het in die land van Moab gehoor dat die HERE sy volk besoek het deur aan hulle brood te gee.
RUT 1:5-6 Die Boodskap (DB)
is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab. ’n Rukkie later het Naomi, wat nog steeds in Moab gebly het, gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda en dat daar weer genoeg kos was. Sy en haar skoondogters besluit toe om terug te gaan na haar eie land.
RUT 1:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In hierdie tyd is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi het alleen agtergebly, sonder ’n man en sonder seuns. Naomi het daar in Moab gehoor dat die HERE sy volk in Juda met goeie oeste geseën het. Toe het Naomi en haar twee skoondogters klaargemaak om uit Moab na Juda toe terug te trek.