RUT 1:14-17
RUT 1:14-17 Die Boodskap (DB)
Die twee skoondogters was baie hartseer hieroor. Orpa het toe haar skoonma gegroet en teruggegaan huis toe. Rut het egter haar skoonma styf vasgedruk en geweier om om te draai. Naomi het haar weer probeer oorreed om terug te gaan en vir haar gesê: “Jou skoonsuster is terug na haar eie mense toe waar sy weer haar eie geloof kan uitleef. Doen jy dit ook nou.” Dit is toe dat Rut vir haar sê: “Moenie my vra om om te draai en Ma alleen te los nie, ek sal dit nie doen nie. Ek gaan saam met Ma, waar Ma ook al heen gaan. Daar waar Ma besluit om te bly, sal ek saam met Ma bly. Ma se mense aanvaar ek as my eie mense, en die God wat Ma dien, is ook die God wat ek wil dien. Daar waar Ma eendag doodgaan, wil ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die Here iets slegs aan my doen as iets anders as die dood ons twee sal skei.”
RUT 1:14-17 Bybel vir almal (ABA)
Naomi se twee skoondogters het weer begin huil. Orpa het vir Naomi gegroet en sy het gegaan, maar Rut het styf vasgehou aan Naomi. Naomi het vir Rut gesê: “Kyk, jou skoonsuster het teruggegaan na haar mense toe en na haar god. Jy moet ook teruggaan, saam met haar.” Maar Rut het vir Naomi gesê: “Jy moenie aanhou sê dat ek jou moet los en moet teruggaan nie, want waar jy gaan, wil ek ook gaan, en waar jy gaan slaap, wil ek ook gaan slaap. Jou volk is ook my volk, en jou God is ook my God. Waar jy sterf, wil ek ook sterf, en daar moet die mense my begrawe. Die Here is my getuie. Net die dood sal ons twee skei van mekaar.”
RUT 1:14-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het hul stem verhef en weer geween, en Orpa het haar skoonmoeder gesoen; maar Rut het haar aangehou. En sy sê: Kyk, jou skoonsuster het teruggegaan na haar volk en na haar gode; keer terug agter jou skoonsuster aan. En Rut sê: Moet my nie smeek om jou te verlaat of om terug te keer om agter jou aan te volg nie; want waar jy gaan, sal ek gaan; en waar jy vernag, sal Ek vernag; jou volk sal my volk wees en jou God my God. Waar jy sterwe, sal ek sterwe, en daar sal ek begrawe word; so sal die HERE aan my doen, en so meer, as die dood jou en my net skei.
RUT 1:14-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang. Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan! Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen — net die dood sal skeiding maak tussen my en u.
RUT 1:14-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Naomi se skoondogters weer begin huil, en Orpa het van haar afskeid geneem, maar Rut het by haar gebly. Toe sê Naomi: “Kyk, jou skoonsuster het teruggegaan na haar volk en na haar gode toe. Gaan jy nou ook saam met haar terug.” Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.”
RUT 1:14-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het toe weer hardop gehuil. Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het aan haar vasgeklou. Naomi sê vir haar: “Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe. Gaan terug, agter jou skoonsuster aan.” Maar Rut het geantwoord: “Moet my nie probeer dwing om u te verlaat nie of om van u af weg te gaan nie, want waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God. Waar u sterf, sal ek sterf, en daar sal ek begrawe word. “Die HERE kan my maar swaar straf as ek nie woord hou nie: Net die dood sal ons skei.”
RUT 1:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die skoondogters het weer begin huil. Orpa het van haar skoonma afskeid geneem, maar Rut wou nie gaan nie. “Kyk,” sê Naomi vir haar, “jou skoonsuster het teruggegaan na haar mense en na haar gode toe. Gaan jy nou ook maar saam met haar terug.” Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie. Waarheen u ook al gaan, sal ek gaan. Waar u gaan woon, sal ek ook woon. Ma se mense is ook my mense. U God is ook my God. Waar u doodgaan, sal ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die HERE dit so laat gebeur. Net die dood sal ons skei.”