ROMEINE 9:19-29

ROMEINE 9:19-29 Die Boodskap (DB)

Jy sal dalk nou vir my sê: “Maar waarom blameer God ons dan vir alles wat hier op aarde verkeerd loop? Hy is tog in beheer van alles. Wie kan sy planne dwarsboom?” Hoor hier, wie dink jy is jy dat jy met God stry en Hom terugantwoord? Jy is maar net soos ’n stuk klei in die pottebakker se hand. Hoe kan jy vir Hom wat jou gemaak het, sê: “Waarom het U my so gemaak?” Die pottebakker kan mos met sy klei maak wat hy wil. Uit dieselfde stuk klei kan hy iets maak waaroor hy baie bly is, en ook iets waarvan hy net mooi niks hou nie. God kan dieselfde met ons doen. Sommige mense hier op aarde is soos kleipotte waarvan God net mooi niks hou nie. Hy staan reg om hulle met sy groot krag te vernietig. Tog verdra Hy hulle geduldig. Op dié manier wil Hy wys hoe groot sy goedheid is oor al daardie mense met wie Hy tevrede is. Hulle is die kleipotte op wie die hemelse Pottebakker baie trots is. God het vir hulle ’n plek in sy nuwe wêreld voorberei. Daarom stort Hy sy genade in oorvloed oor hulle uit. God kies gelukkig nie net Jode uit om sy kinders te wees nie. Nee, ook mense uit ander volke word deur Hom geroep om in Hom te glo. Dit is presies net soos God in die profeet Hosea sê: “Vir mense wat nie my volk is nie, sal Ek sê: ‘Julle is nou my volk.’ Vir haar wat geen liefde ken nie, sal Ek sê: ‘Jy is my beminde.’ Op plekke waar mense vir hulle gesê het: ‘Julle is nie deel van God se volk nie,’ juis daar sal nou gesê word: ‘Julle is kinders van die lewende God!’” Die profeet Jesaja sê van Israel: “Al is die Israeliete se getalle so baie soos al die seesand, sal daar slegs ’n klein groepie van hulle gered word. Die Here sal sy plan met groot krag hier op aarde laat waar word.” Jesaja het ook op ’n ander plek gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons ’n nageslag oorgelaat het wat in Hom bly glo nie, sou ons net soos Sodom geword het, sou ons net soos Gomorra verwoes gewees het.”

ROMEINE 9:19-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Jy sal nou vir my sê: “Hoe kan Hy dan nog 'n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei 'n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie? As God dan die voorwerpe van sy toorn wat vir ondergang bestem is, met groot geduld verdra het, omdat Hy sy toorn wil vertoon en sy krag bekend wil maak, het Hy dan nie ook die reg om die rykdom van sy heerlikheid bekend te maak oor die voorwerpe van sy ontferming wat Hy vooraf vir heerlikheid bestem het nie? Dit is ons wat Hy geroep het, nie net uit die Jode nie, maar ook uit die nie-Jode. So sê Hy ook in Hosea: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek my volk noem, en haar wat nie geliefd was nie, sal Ek my geliefde noem.” En: “Op daardie plek waar vir hulle gesê is, ‘Julle is nie my volk nie,’ juis daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.” Maar Jesaja roep aangaande Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net 'n oorblyfsel verlos word; want die Here gaan 'n volledige en spoedige afrekening op die aarde hou.” En soos Jesaja reeds gesê het: “As die HERE, Heerser oor alle magte, nie vir ons 'n nageslag laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, en sou dit met ons soos met Gomorra gegaan het.”

ROMEINE 9:19-29 Bybel vir almal (ABA)

Jy sê nou miskien: “God doen wat Hy wil doen, en mense kan dit nie keer nie. Hoekom is Hy ontevrede met dit wat ek doen?” Maar jy moet onthou jy is net 'n mens en jy kan nie teen God praat nie. Dit is dieselfde wanneer iemand iets maak. Daardie ding kan nie vir die persoon wat hom gemaak het, vra “Hoekom het jy my só gemaak?” nie. Jy kan ook dink aan 'n pottebakker. 'n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan 'n ander ding maak wat nie spesiaal is nie. God doen dieselfde: Daar is party mense vir wie God moes gestraf het, en Hy wou hulle straf. God wou wys hoe sterk Hy is. Ja, Hy moes hulle gestraf het, Hy moes hulle vir altyd laat sterf het, maar Hy was geduldig, Hy het hulle nie gestraf nie. Hy het hulle nie gestraf nie, want Hy wou hê almal moet weet dat Hy, die Koning, baie goed is vir die mense wat Hy gereedgemaak het om eendag ook soos konings te wees. Hy het ons ook gereedgemaak. Ja, God het ons gekies om aan Hom te behoort, Hy het ons gekies uit die Jode en ook uit die heidene. Dit is soos God in die boek Hosea sê: Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê: “Julle is my volk,” en Ek sal vir die mense sê vir wie niemand lief is nie: “Ek is lief vir julle.” God het ook in die boek Hosea gesê: Ek het vir hulle gesê: “Julle is nie my volk nie,” maar op daardie plek waar Ek dit gesê het, sal Ek vir hulle sê: “Julle is kinders van die God wat lewe.” En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baie soos die sand van die see, maar die Here sal min van hulle red, Hy sal die klein bietjie red wat oorbly, want die Here sal die mense op die aarde straf, Hy sal dit gou doen. Dit is ook wat Jesaja gesê het lank voordat dit gebeur het

ROMEINE 9:19-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Jy sal nou vir my sê: “Hoe kan Hy dan nog 'n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei 'n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie? As God dan die voorwerpe van sy toorn wat vir ondergang bestem is, met groot geduld verdra het, omdat Hy sy toorn wil vertoon en sy krag bekend wil maak, het Hy dan nie ook die reg om die rykdom van sy heerlikheid bekend te maak oor die voorwerpe van sy ontferming wat Hy vooraf vir heerlikheid bestem het nie? Dit is ons wat Hy geroep het, nie net uit die Jode nie, maar ook uit die nie-Jode. So sê Hy ook in Hosea: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek my volk noem, en haar wat nie geliefd was nie, sal Ek my geliefde noem.” En: “Op daardie plek waar vir hulle gesê is, ‘Julle is nie my volk nie,’ juis daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.” Maar Jesaja roep aangaande Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net 'n oorblyfsel verlos word; want die Here gaan 'n volledige en spoedige afrekening op die aarde hou.” En soos Jesaja reeds gesê het: “As die HERE, Heerser oor alle magte, nie vir ons 'n nageslag laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, en sou dit met ons soos met Gomorra gegaan het.”

ROMEINE 9:19-29 Die Boodskap (DB)

Jy sal dalk nou vir my sê: “Maar waarom blameer God ons dan vir alles wat hier op aarde verkeerd loop? Hy is tog in beheer van alles. Wie kan sy planne dwarsboom?” Hoor hier, wie dink jy is jy dat jy met God stry en Hom terugantwoord? Jy is maar net soos ’n stuk klei in die pottebakker se hand. Hoe kan jy vir Hom wat jou gemaak het, sê: “Waarom het U my so gemaak?” Die pottebakker kan mos met sy klei maak wat hy wil. Uit dieselfde stuk klei kan hy iets maak waaroor hy baie bly is, en ook iets waarvan hy net mooi niks hou nie. God kan dieselfde met ons doen. Sommige mense hier op aarde is soos kleipotte waarvan God net mooi niks hou nie. Hy staan reg om hulle met sy groot krag te vernietig. Tog verdra Hy hulle geduldig. Op dié manier wil Hy wys hoe groot sy goedheid is oor al daardie mense met wie Hy tevrede is. Hulle is die kleipotte op wie die hemelse Pottebakker baie trots is. God het vir hulle ’n plek in sy nuwe wêreld voorberei. Daarom stort Hy sy genade in oorvloed oor hulle uit. God kies gelukkig nie net Jode uit om sy kinders te wees nie. Nee, ook mense uit ander volke word deur Hom geroep om in Hom te glo. Dit is presies net soos God in die profeet Hosea sê: “Vir mense wat nie my volk is nie, sal Ek sê: ‘Julle is nou my volk.’ Vir haar wat geen liefde ken nie, sal Ek sê: ‘Jy is my beminde.’ Op plekke waar mense vir hulle gesê het: ‘Julle is nie deel van God se volk nie,’ juis daar sal nou gesê word: ‘Julle is kinders van die lewende God!’” Die profeet Jesaja sê van Israel: “Al is die Israeliete se getalle so baie soos al die seesand, sal daar slegs ’n klein groepie van hulle gered word. Die Here sal sy plan met groot krag hier op aarde laat waar word.” Jesaja het ook op ’n ander plek gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons ’n nageslag oorgelaat het wat in Hom bly glo nie, sou ons net soos Sodom geword het, sou ons net soos Gomorra verwoes gewees het.”

ROMEINE 9:19-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jy sou nou kon vra: “Hoe kan God mense nog blameer as hulle nie luister nie? Hulle het tog maar net gedoen waartoe God hulle verplig het. Hulle kan tog nie teen sy besluit ingaan nie.” O mensekind, sit jou hand op jou mond! Wie is jy om God te kritiseer! Kan die produk van iemand se handewerk vir sy vervaardiger sê: “Hoekom het jy my juis só gemaak?” As ’n pottebakker byvoorbeeld kleikruike maak, is dit nie sy volste reg om uit dieselfde klei ’n sierkruik én ’n vullisbak te maak nie? Net so het God ook die volste reg om die voorwerpe van sy oordeel, wat vir ondergang gereedgemaak is, nog met groot geduld te verdra sodat Hy uiteindelik sy oordeel en sy mag bekend kan maak. Net so het Hy die volste reg om sy oorvloedige heerlikheid bekend te maak oor die voorwerpe van sy ontferming wat Hy voorberei het om sy heerlikheid te ontvang. Ons is hierdie voorwerpe – ons vir wie Hy geroep het, nie net uit die Jode nie, maar ook uit die nie-Joodse nasies. Oor laasgenoemde sê God in die boek Hosea tereg: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek nou mý volk noem. En Ek sal haar liefhê wat nie voorheen my geliefde was nie.” En: “Dáár waar vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’ juis daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.” Maar wat Israel betref, roep Jesaja uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand op die seestrand, sal net ’n handjievol oorblywendes verlos word. Want die HERE gaan sy saak hier op aarde eens en vir altyd finaliseer.” Jesaja het trouens al vroeër verklaar: “As die HERE, die Almagtige, nie ’n paar van ons laat oorbly het nie, sou ons volledig uitgewis gewees het net soos Sodom en Gomorra.”