ROMEINE 9:10-13
ROMEINE 9:10-13 Die Boodskap (DB)
Dit is egter nie al belofte van God wat in daardie tyd waar geword het nie. God het ook ’n ruk daarna uit ’n man (ek praat van ons almal se pa, Isak) vir Rebekka laat verwag. Toe haar kinders nog nie eens gebore was nie en nog nie kon goed doen of kwaad doen nie, is daar aan haar gesê: “Jou kind wat eerste gebore word, sal die een dien wat tweede gebore word.” So het God gewys dat sy besluit om vir Hom ’n volk uit te kies nie afhanklik is van enigiets wat ons doen nie. Nee, Hy roep mense na Hom toe sonder dat Hy eers na al hulle goeie en slegte dade kyk. Daarom staan daar in die profeet Maleagi geskryf: “Ek het Jakob liefgehad. Ek het Esau gehaat.”
ROMEINE 9:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis nie al nie. Rebekka was ook net een keer swanger. Sy het ’n tweeling by ons voorvader Isak gehad. Nog voordat hulle gebore is, ja, nog voordat hulle enigiets goeds of slegs gedoen het, het God reeds vir haar ’n boodskap gehad – wat bewys dat God volgens sy eie plan kies, nie volgens ons dade nie. Die boodskap aan haar was: “Die oudste kind sal die jongste een dien.” In die woorde van die Skrif: “Ek het vir Jakob liewer gehad as vir Esau.”
ROMEINE 9:10-13 Bybel vir almal (ABA)
Dieselfde het met Rebekka gebeur. Sy het twee kinders verwag, en een man, Isak, was hulle pa. Hy was ons voorvader. God het vir Rebekka gesê: Die oudste seun sal die jongste seun dien. God het dit gesê voordat die twee kinders gebore is en voordat hulle iets gedoen het wat goed of sleg is. Dit wys dat God self besluit wie Hy wil kies om sy kinders te wees. Hy kies hulle nie omdat hulle goeie dinge doen nie, Hy kies hulle omdat Hy besluit Hy wil hulle kies. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is
ROMEINE 9:10-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie — dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep — is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
ROMEINE 9:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dis nie al nie. Rebekka was net een keer swanger, deur ons voorvader Isak. Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
ROMEINE 9:10-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is nie al nie. Ook Rebekka het uit net een man swanger geword, naamlik uit ons voorvader Isak, want nog voordat haar kinders gebore is, of iets goeds of kwaads gedoen het, is vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Dit het gebeur, sodat God se voorneme volgens sy uitverkiesing sou bly staan, nie op grond van mense se dade nie, maar op grond van Hom wat roep. Soos daar geskryf staan: “Jakob het Ek liefgehad, maar van Esau het Ek 'n afkeer gehad.”
ROMEINE 9:10-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nie net dit nie; maar toe Rebekka ook swanger geword het deur een, naamlik ons vader Isak; (Want die kinders wat nog nie gebore is nie en ook nie goed of kwaad gedoen het nie, sodat die voorneme van God volgens die uitverkiesing kon bestaan, nie uit die werke nie, maar van Hom wat roep;) Daar is vir haar gesê: Die oudste moet die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad, maar Esau het Ek gehaat.