ROMEINE 8:39
ROMEINE 8:38-39 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet één ding: God is lief vir ons. Christus Jesus, ons Here, het dit vir ons gewys. Daar is niks wat God se liefde kan wegvat van ons nie, nie die dood nie, niks wat lewe nie, nie engele nie, niemand en niks wat oor die wêreld wil regeer nie, niks wat nou daar is nie, niks wat later daar sal wees nie, niks wat sterker as mense is nie, niks bokant die aarde en niks onder die aarde nie, niks en niemand nie!
ROMEINE 8:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
ROMEINE 8:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
ROMEINE 8:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here.
ROMEINE 8:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geen hoogte of diepte of enige ander skepsel sal ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
ROMEINE 8:39 Die Boodskap (DB)
Selfs nie die hoogste berg of die diepste see hier op die aarde nie. Letterlik niks in hierdie skepping kan ons ooit van God se liefde skei nie. Hy het vir ons kom wys hoe lief Hy ons het toe ons Here, Christus Jesus, in ons plek doodgegaan het.