ROMEINE 6:6-8
ROMEINE 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is. Ons ou self, wat van vroeg tot laat agter elke sonde aangeloop het, is nou morsdood en begrawe. Daarom is ons nie meer slawe van die sonde nie. Sonde het mos nie ’n houvas op iemand wat klaar doodgegaan het nie. Ons wat saam met Christus gesterf het, glo dat ons saam met Hom sal leef.
ROMEINE 6:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde. Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe.
ROMEINE 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.
ROMEINE 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat ons ook gekruisig is toe Christus gekruisig is. Ons was mense wat graag sonde gedoen het, maar nou is ons nie meer so nie. Ja, ons is nie meer slawe van die sonde nie, want God het almal vrygespreek wat saam met Christus gesterf het. Christus het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf. Daarom glo ons dat God vir Christus weer laat lewe het en dat ons ook saam met Christus sal lewe.
ROMEINE 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe
ROMEINE 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.
ROMEINE 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde. As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef.
ROMEINE 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Om dit te weet, dat ons oue mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van sonde vernietig kan word, sodat ons voortaan nie die sonde sou dien nie. Want hy wat dood is, is van sonde vrygemaak. En as ons saam met Christus dood is, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.