ROMEINE 6:5-6
ROMEINE 6:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Christus het gesterf, en ons het soos Hy gesterf, want Hy en ons het een geword. En God het vir Christus weer laat lewe. Christus en ons het een geword, en daarom weet ons dat God vir ons ook weer saam met Christus sal laat lewe. Ons weet dat ons ook gekruisig is toe Christus gekruisig is. Ons was mense wat graag sonde gedoen het, maar nou is ons nie meer so nie. Ja, ons is nie meer slawe van die sonde nie
ROMEINE 6:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
ROMEINE 6:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
ROMEINE 6:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in 'n opstanding soos syne. Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.
ROMEINE 6:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as ons saam geplant is in die gelykenis van sy dood, sal ons ook in die gelykenis van sy opstanding wees. Om dit te weet, dat ons oue mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van sonde vernietig kan word, sodat ons voortaan nie die sonde sou dien nie.
ROMEINE 6:5-6 Die Boodskap (DB)
Omdat ons saam met Jesus aan die kruis doodgegaan het, sal ons beslis saam met Hom oor die dood triomfeer. Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.
ROMEINE 6:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe. Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.