ROMEINE 4:5
ROMEINE 4:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die saak staan heeltemal anders met daardie mense wat geen prestasie het waarop hulle kan staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddeloses vryspreek – hulle word vrygespreek deurdat hulle glo.
ROMEINE 4:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof.
ROMEINE 4:5 Bybel vir almal (ABA)
Maar God spreek mense vry, nie omdat hulle dinge doen nie, maar omdat hulle glo. Hulle glo in Hom wat sondaars vryspreek.
ROMEINE 4:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof.
ROMEINE 4:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Iemand wat egter nie werk nie, maar glo in die Een wat die goddelose regverdig verklaar – vir hom word sy geloof as regverdiging toegereken.
ROMEINE 4:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar aan hom wat nie werk nie, maar in Hom glo wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.