ROMEINE 3:3-4
ROMEINE 3:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou? Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: “U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word.”
ROMEINE 3:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want wat as sommige nie geglo het nie? sal hulle ongeloof die geloof in God tot niet maak? God verhoed dit: ja, laat God waaragtig wees, maar elke mens 'n leuenaar; soos geskrywe is: Sodat jy geregverdig kan word in jou woorde en oorwin kan word as jy geoordeel word.
ROMEINE 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie? Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê, dan is dit reg. Mense wat probeer om vir U te beskuldig, verloor altyd.
ROMEINE 3:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
ROMEINE 3:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wat nou? As sommige ontrou geword het, maak hulle ontrouheid God se getrouheid ongedaan? Hoegenaamd nie. Al is elke mens vals, laat God waaragtig wees. Soos daar geskryf staan, “sodat U reg bewys kan word deur u woorde, en U sal wen wanneer U oordeel”.
ROMEINE 3:3-4 Die Boodskap (DB)
Maar wat dan as party Israeliete ongehoorsaam aan God is? Bring hulle ongehoorsaamheid God se lojaliteit in die gedrang? Nee, beslis nie. God hou altyd sy woord. Hy bly lojaal selfs al lieg en bedrieg almal op aarde. Dit is soos een van die psalms sê: “Dit wat U sê, is reg. U wen altyd u saak wanneer mense U beskuldig dat U ontrou is.”
ROMEINE 3:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat sê dit vir ons? Impliseer die feit dat party Jode ontrou geword het dan nie dat God se getrouheid aan sy beloftes ook daarmee heen is nie? Beslis nie! Al sou elke mens ’n leuenaar wees – God se waaragtigheid staan steeds vas. Soos die Skrif sê: “U sal reg bewys word in wat U sê, en U sal u regsaak wen.”