ROMEINE 3:21-23
ROMEINE 3:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou het God vir ons kom wys dat Hy mense vryspreek, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Ons lees daarvan in die Wette van Moses en in die boeke van die profete. God spreek mense vry omdat hulle in Jesus Christus glo. Ja, God spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie. Want al die mense het sonde gedoen en hulle lewe nie soos God, die Koning, wil hê hulle moet lewe nie
ROMEINE 3:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God
ROMEINE 3:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie
ROMEINE 3:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou word die geregtigheid van God, waarvan die Wet en die Profete getuig, sonder die wet bekend gemaak. Hierdie geregtigheid gee God deur die geloof in Jesus •Christus aan almal wat glo. Want daar is geen onderskeid nie: Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle
ROMEINE 3:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nou word die geregtigheid van God sonder die wet geopenbaar, terwyl die wet en die profete daarvan getuig; Selfs die geregtigheid van God wat deur die geloof in Jesus Christus is vir almal en oor almal wat glo; want daar is geen verskil nie. Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God
ROMEINE 3:21-23 Die Boodskap (DB)
Ek het nou baie goeie nuus vir julle: dit waarvan die Bybel praat, naamlik dat God mense sal vryspreek van hulle sondes, selfs al doen hulle nie stiptelik alles wat die wet van God sê nie, het uiteindelik waar geword. Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo. Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie.
ROMEINE 3:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar nou het God vir ons ’n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry – nie deur wetsgehoorsaming nie, maar langs die weg waarvan die Skrif al lankal getuig: God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.