ROMEINE 13:7-8
ROMEINE 13:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die regering alles doen wat julle vir hulle moet doen. Wanneer julle belasting moet betaal, dan moet julle dit betaal. Wanneer julle tol moet betaal, dan moet julle dit betaal. Julle moet bang wees vir almal vir wie julle bang moet wees, julle moet almal respekteer vir wie julle moet respekteer. Julle moenie vir mekaar iets skuld nie, maar julle moet lief wees vir mekaar, want wanneer julle lief is vir ander mense, dan doen julle alles wat God se wette vra.
ROMEINE 13:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom. WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
ROMEINE 13:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is. Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.
ROMEINE 13:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Betaal aan almal wat hulle toekom: belasting aan wie belasting, tolgeld aan wie tolgeld, ontsag aan wie ontsag, eer aan wie eer toekom. Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe die verpligting om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, het die wet vervul.
ROMEINE 13:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Betaal dan aan al hulle skuld: belasting aan wie belasting verskuldig is; gewoonte aan wie gewoonte; vrees vir wie vrees; eer aan wie eer. Wees niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê, want wie 'n ander liefhet, het die wet vervul.
ROMEINE 13:7-8 Die Boodskap (DB)
Betaal dus wat jy verskuldig is: belasting aan dié wat belasting vra, tolgeld aan dié wat dit vra, ontsag aan dié wat dit toekom, respek vir dié wat gerespekteer moet word, en eer vir dié wat geëer moet word. Betaal jou skuld! Moet niks aan ander mense skuld nie, behalwe om absoluut lojaal en vol liefde teenoor hulle te wees. As jy ander mense liefhet, het jy die hele wet van God nagekom.
ROMEINE 13:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kom dan julle verpligtings teenoor almal na: betaal belasting aan dié wat dit van julle vra, tolgeld en alle soortgelyke heffings aan dié wat dít van julle vereis; en respekteer en eer almal aan wie julle dit verskuldig is. Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet.