ROMEINE 13:6-7
ROMEINE 13:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle betaal belasting, want die regering werk vir God en hulle moet belasting bymekaarmaak. Julle moet vir die regering alles doen wat julle vir hulle moet doen. Wanneer julle belasting moet betaal, dan moet julle dit betaal. Wanneer julle tol moet betaal, dan moet julle dit betaal. Julle moet bang wees vir almal vir wie julle bang moet wees, julle moet almal respekteer vir wie julle moet respekteer.
ROMEINE 13:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
ROMEINE 13:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.
ROMEINE 13:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat hulle juis hiermee bemoei. Betaal aan almal wat hulle toekom: belasting aan wie belasting, tolgeld aan wie tolgeld, ontsag aan wie ontsag, eer aan wie eer toekom.
ROMEINE 13:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daarom betaal julle ook belasting, want hulle is dienaars van God wat gedurig hieraan aandag gee. Betaal dan aan al hulle skuld: belasting aan wie belasting verskuldig is; gewoonte aan wie gewoonte; vrees vir wie vrees; eer aan wie eer.
ROMEINE 13:6-7 Die Boodskap (DB)
Julle betaal belasting sodat daar goeie orde in die samelewing kan wees. Dit is die owerhede as dienaars van God se plig om hierdie belasting reg aan te wend. Betaal dus wat jy verskuldig is: belasting aan dié wat belasting vra, tolgeld aan dié wat dit vra, ontsag aan dié wat dit toekom, respek vir dié wat gerespekteer moet word, en eer vir dié wat geëer moet word.
ROMEINE 13:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom moet julle ook julle belasting betaal. Hulle is immers dienaars van God wanneer hulle hulle taak getrou uitvoer. Kom dan julle verpligtings teenoor almal na: betaal belasting aan dié wat dit van julle vra, tolgeld en alle soortgelyke heffings aan dié wat dít van julle vereis; en respekteer en eer almal aan wie julle dit verskuldig is.