ROMEINE 10:5-21

ROMEINE 10:5-21 Bybel vir almal (ABA)

Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaan na die hemel nie. Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal afgaan na onder die aarde nie. Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van God is naby jou, dit is in jou mond en in jou hart. Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red. Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand kom en goeie nuus bring. Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie het ons boodskap geglo? Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekom by al die mense op die aarde, die dinge wat hulle sê, het gekom by al die mense van die wêreld. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maak op 'n volk wat nie regtig 'n volk is nie, en Ek sal julle kwaad maak vir 'n volk wat niks verstaan nie. En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat kom wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie gevra het waar Ek is nie. Maar God sê oor die Israeliete

ROMEINE 10:5-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo? Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde. Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk. En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie. Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.

ROMEINE 10:5-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Moses skryf naamlik van die vryspraak op grond van wetsonderhouding dat die mens wat doen wat die wet beveel, daardeur sal lewe. Maar van die vryspraak deur die geloof sê hy: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’ nie,” dit is, om Christus af te bring, “of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring. Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?” Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie? Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê: “Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie.” En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar van Israel sê Hy

ROMEINE 10:5-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Moses skryf immers van die geregtigheid wat op grond van die wet verkry word: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal hierdeur leef.” Maar die regverdiging deur die geloof word so verwoord: “Moenie in jou hart sê, ‘Wie sal na die hemel opgaan?’ ” – met die bedoeling om •Christus af te bring – “of, ‘Wie sal na die onpeilbare diepte afdaal?’ ” – met die bedoeling om Christus uit die dood terug te bring nie. Nee, wat sê dit? “Hier by jou is die woord, in jou mond en in jou hart” – dit is die woord van geloof wat ons verkondig. Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want met die hart glo ons, en word so regverdig verklaar; met die mond bely ons, en word so verlos. Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Dit maak inderdaad geen verskil of jy 'n Jood of 'n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.” Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!” Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus. Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.” Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.” En Jesaja gaan selfs so ver om te sê: “Ek is gevind deur diegene wat nie na My gesoek het nie; Ek het verskyn aan diegene wat nie na My gevra het nie.” Maar van Israel sê hy: “Die hele dag deur het Ek my hande uitgestrek na 'n ongehoorsame en opstandige volk.”

ROMEINE 10:5-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Want Moses beskryf die geregtigheid wat uit die wet is, dat die mens wat hierdie dinge doen, daardeur sal lewe. Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, spreek so: Moenie in jou hart sê: Wie sal in die hemel opvaar nie? (dit is, om Christus van bo af te bring:) Of: Wie sal in die diepte afdaal? (dit wil sê om Christus weer uit die dood op te wek.) Maar wat sê dit? Die woord is naby jou, in jou mond en in jou hart: dit is die woord van die geloof wat ons verkondig; As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo mens tot geregtigheid; en met die mond word tot redding bely. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. Want daar is geen verskil tussen die Jood en die Griek nie, want dieselfde Here is oor almal ryk vir almal wat Hom aanroep. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe sal hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? en hoe sal hulle glo in Hom van wie hulle nie gehoor het nie? en hoe sal hulle hoor sonder 'n prediker? En hoe sal hulle preek as hulle nie gestuur word nie? soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig en die goeie tyding bring! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie. Want Jesaja sê: Here, wie het ons gerug geglo? Geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God. Maar ek sê: Het hulle nie gehoor nie? Ja, voorwaar, hulle geluid het oor die hele aarde gegaan en hulle woorde tot aan die eindes van die wêreld. Maar ek sê: Het Israel dit nie geweet nie? Eers het Moses gesê: Ek sal julle jaloers maak deur die wat geen volk is nie, en deur 'n dwase nasie sal Ek julle toornig maak. Maar Jesaja was baie vrymoedig en sê: Ek is gevind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek is geopenbaar aan die wat nie na My gevra het nie. Maar vir Israel sê Hy: Die hele dag lank het Ek my hande uitgesteek na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.

ROMEINE 10:5-21 Die Boodskap (DB)

Moses skryf dat elkeen wat die wet streng onderhou op grond daarvan in die regte verhouding met God sal leef. Maar hy sê dat wanneer jy al jou vertroue in God stel om jou van jou sondes vry te spreek, dinge heeltemal anders verloop. As jy in God glo, weet jy dat Christus die hele tyd naby is. Dan is dit nie meer nodig om te wonder of iemand na die hemel toe moet opklim om Christus daar te gaan soek om Hom na ons toe af te bring nie. Of om êrens in die onderwêreld na Hom te gaan soek en Hom uit die dood hierheen te bring nie. Nee, dan moet jy net jou oë oopmaak en in Christus glo. Moses het immers al gesê: “God se goeie nuus, sy woord van redding, is hier. Dit is so naby aan jou soos om die regte woorde vir God te sê. Dit is so naby aan jou soos om met jou hele hart in God te glo.” Ek maak hierdie goeie nuus oral bekend. En ek sê vir mense om dit te glo. Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan. As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos. Die Bybel sê immers: “Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.” Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra. Elkeen wat uitroep: “Here, help my!” sal gered word, maak nie saak wie hy is nie. Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie? En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuur word om dit te doen nie? Daarom sê die Bybel: “Hoor hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen.” Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op ’n dag gevra: “Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie.” Nogtans moet die Woord van die Here bekendgemaak word. Mense kan net tot geloof kom as hulle die Woord hoor. Daarom maak ek die boodskap van Christus oral bekend sodat mense ’n kans kan kry om dit te hoor. Nou vra ek: Het hulle nie al genoeg kanse gehad om na God se Woord te luister nie? Ja, natuurlik! Een van die psalms sê juis: “Die stem van God se boodskappers het wêreldwyd weerklink. Hulle woorde is tot in die verste uithoeke van die wêreld gehoor.” Waar lê die fout dan? Het Israel nie verstaan waaroor dit alles gaan nie? Luister na wat God deur sy kneg Moses hieroor sê: “Ek gaan julle nog baie jaloers maak op daardie mense op wie julle nou neersien. Wanneer julle sien hoe hulle in My glo, selfs al ken hulle My nie so goed soos julle nie, sal julle ontplof van woede.” Jesaja het selfs nog verder gegaan. God het deur hom vir sy volk gesê: “Ek laat My vind deur mense wat nooit na My gesoek het nie. Ek het My bekendgemaak aan mense wat nooit eens gevra het wie Ek is nie.” Daarna het Jesaja ook ’n verdoemende woord van God se kant af aan Israel gerig: “Dag na dag het Ek met oop arms op Israel se terugkoms gewag. Maar hulle ore is doof en hulle harte is so hard soos klip.”

ROMEINE 10:5-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moses skryf soos volg omtrent die moontlikheid om jou saak met God reg te maak: “Wie die vereistes van die wet nakom, sal daardeur lewe.” Maar die vryspraak wat ’n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: “Jy hoef nie in jou hart te wonder: ‘Wie sal na die hemel opklim’ – dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of: ‘Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal’ – dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie. Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui: ‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’” Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”. Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!” Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?” Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê: “Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlik geen volk is nie; Ek sal julle kwaad maak oor ’n volk wat nie julle kennis het nie.” Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: “Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”