ROMEINE 10:17-21
ROMEINE 10:17-21 Bybel vir almal (ABA)
Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekom by al die mense op die aarde, die dinge wat hulle sê, het gekom by al die mense van die wêreld. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maak op 'n volk wat nie regtig 'n volk is nie, en Ek sal julle kwaad maak vir 'n volk wat niks verstaan nie. En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat kom wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie gevra het waar Ek is nie. Maar God sê oor die Israeliete
ROMEINE 10:17-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde. Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk. En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie. Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.
ROMEINE 10:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie? Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê: “Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie.” En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar van Israel sê Hy
ROMEINE 10:17-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus. Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.” Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.” En Jesaja gaan selfs so ver om te sê: “Ek is gevind deur diegene wat nie na My gesoek het nie; Ek het verskyn aan diegene wat nie na My gevra het nie.” Maar van Israel sê hy: “Die hele dag deur het Ek my hande uitgestrek na 'n ongehoorsame en opstandige volk.”
ROMEINE 10:17-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God. Maar ek sê: Het hulle nie gehoor nie? Ja, voorwaar, hulle geluid het oor die hele aarde gegaan en hulle woorde tot aan die eindes van die wêreld. Maar ek sê: Het Israel dit nie geweet nie? Eers het Moses gesê: Ek sal julle jaloers maak deur die wat geen volk is nie, en deur 'n dwase nasie sal Ek julle toornig maak. Maar Jesaja was baie vrymoedig en sê: Ek is gevind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek is geopenbaar aan die wat nie na My gevra het nie. Maar vir Israel sê Hy: Die hele dag lank het Ek my hande uitgesteek na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.
ROMEINE 10:17-21 Die Boodskap (DB)
Nogtans moet die Woord van die Here bekendgemaak word. Mense kan net tot geloof kom as hulle die Woord hoor. Daarom maak ek die boodskap van Christus oral bekend sodat mense ’n kans kan kry om dit te hoor. Nou vra ek: Het hulle nie al genoeg kanse gehad om na God se Woord te luister nie? Ja, natuurlik! Een van die psalms sê juis: “Die stem van God se boodskappers het wêreldwyd weerklink. Hulle woorde is tot in die verste uithoeke van die wêreld gehoor.” Waar lê die fout dan? Het Israel nie verstaan waaroor dit alles gaan nie? Luister na wat God deur sy kneg Moses hieroor sê: “Ek gaan julle nog baie jaloers maak op daardie mense op wie julle nou neersien. Wanneer julle sien hoe hulle in My glo, selfs al ken hulle My nie so goed soos julle nie, sal julle ontplof van woede.” Jesaja het selfs nog verder gegaan. God het deur hom vir sy volk gesê: “Ek laat My vind deur mense wat nooit na My gesoek het nie. Ek het My bekendgemaak aan mense wat nooit eens gevra het wie Ek is nie.” Daarna het Jesaja ook ’n verdoemende woord van God se kant af aan Israel gerig: “Dag na dag het Ek met oop arms op Israel se terugkoms gewag. Maar hulle ore is doof en hulle harte is so hard soos klip.”
ROMEINE 10:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê: “Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlik geen volk is nie; Ek sal julle kwaad maak oor ’n volk wat nie julle kennis het nie.” Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: “Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”