ROMEINE 10:11-14
ROMEINE 10:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek.
ROMEINE 10:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
ROMEINE 10:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek?
ROMEINE 10:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Dit maak inderdaad geen verskil of jy 'n Jood of 'n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.” Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig?
ROMEINE 10:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. Want daar is geen verskil tussen die Jood en die Griek nie, want dieselfde Here is oor almal ryk vir almal wat Hom aanroep. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe sal hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? en hoe sal hulle glo in Hom van wie hulle nie gehoor het nie? en hoe sal hulle hoor sonder 'n prediker?
ROMEINE 10:11-14 Die Boodskap (DB)
Die Bybel sê immers: “Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.” Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra. Elkeen wat uitroep: “Here, help my!” sal gered word, maak nie saak wie hy is nie. Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie?
ROMEINE 10:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”. Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring?