ROMEINE 10:10-16
ROMEINE 10:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?”
ROMEINE 10:10-16 Bybel vir almal (ABA)
Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand kom en goeie nuus bring. Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja
ROMEINE 10:10-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo?
ROMEINE 10:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?”
ROMEINE 10:10-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want met die hart glo ons, en word so regverdig verklaar; met die mond bely ons, en word so verlos. Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Dit maak inderdaad geen verskil of jy 'n Jood of 'n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.” Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!” Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?”
ROMEINE 10:10-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want met die hart glo mens tot geregtigheid; en met die mond word tot redding bely. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. Want daar is geen verskil tussen die Jood en die Griek nie, want dieselfde Here is oor almal ryk vir almal wat Hom aanroep. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe sal hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? en hoe sal hulle glo in Hom van wie hulle nie gehoor het nie? en hoe sal hulle hoor sonder 'n prediker? En hoe sal hulle preek as hulle nie gestuur word nie? soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig en die goeie tyding bring! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie. Want Jesaja sê: Here, wie het ons gerug geglo?
ROMEINE 10:10-16 Die Boodskap (DB)
As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos. Die Bybel sê immers: “Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.” Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra. Elkeen wat uitroep: “Here, help my!” sal gered word, maak nie saak wie hy is nie. Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie? En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuur word om dit te doen nie? Daarom sê die Bybel: “Hoor hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen.” Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op ’n dag gevra: “Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie.”
ROMEINE 10:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”. Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!” Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?”