ROMEINE 1:9-10
ROMEINE 1:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek dien God met my hele hart en ek bring vir mense die goeie boodskap oor die Seun van God. Ek dink altyd aan julle, God weet dit is waar. Elke maal wanneer ek bid, dan vra ek weer vir God of Hy my sal toelaat om na julle toe te kom.
ROMEINE 1:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want God, wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom
ROMEINE 1:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie.
ROMEINE 1:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God, wat ek met my hele wese dien deur die evangelie van sy Seun, is my getuie dat ek gedurig aan julle dink en altyd in my gebede smeek dat die pad nou uiteindelik vir my oopgemaak sal word, as dit die wil van God is, om na julle te kom.
ROMEINE 1:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want God is my getuie, wat ek met my gees dien in die evangelie van sy Seun, dat ek sonder ophou van julle altyd in my gebede melding maak; Ek vra, as ek nou enigsins 'n voorspoedige reis mag hê deur die wil van God om na julle te kom.
ROMEINE 1:9-10 Die Boodskap (DB)
En God, wat ek met my hele lewe dien omdat ek die goeie nuus oor sy Seun bekendmaak, weet dat julle nooit uit my gedagtes is nie. Elke keer as ek bid, vra ek Hom of Hy tog nie ’n plan kan maak sodat ek binnekort na julle toe kan kom nie.
ROMEINE 1:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dié God wat ek met hart en siel dien deurdat ek hierdie Goeie Nuus omtrent sy Seun uitdra, is my getuie dat julle dag en nag in my gedagtes is. Elke keer smeek ek dat God, as dit sy wil is, tog nou uiteindelik vir my die pad sal oopmaak om by julle uit te kom.