ROMEINE 1:23
ROMEINE 1:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange.
ROMEINE 1:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het naamlik die heerlikheid van die onsterflike God verruil vir 'n afbeelding soos dié van 'n sterflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
ROMEINE 1:23 Bybel vir almal (ABA)
God is Koning, Hy kan nooit sterf nie, maar hulle dien Hom nie. Hulle kies om afgode te dien, beelde wat lyk soos mense, mense wat sterf, of beelde wat lyk soos voëls of diere of slange.
ROMEINE 1:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
ROMEINE 1:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En het die heerlikheid van die onverganklike God verander in 'n beeld wat gelyk is aan die verganklike mens en aan voëls en viervoetige diere en kruipende diere.