DIE OPENBARING 7:16-17
DIE OPENBARING 7:16-17 Die Boodskap (DB)
Hulle sal nooit weer honger of dors word nie en die hitte en koue sal nie vir hulle ondraaglik word nie. Daarvoor sal God sorg. Ja, die Lam, wat oor almal heers, sal persoonlik vir hulle sorg. Hy sal vir hulle alles gee wat nodig is om vir ewig te leef. En God sal sorg dat hulle nie meer hartseer sal wees of pyn sal ken nie.”
DIE OPENBARING 7:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal nooit honger of dors word nie. Die son sal hulle nie brand nie. Niks wat warm is, sal hulle brand nie. Want die Lam wat by God se troon is, sal hulle Herder wees. Hy sal hulle na fonteine neem en vir hulle water gee, water wat hulle altyd sal laat lewe. En God sal al hulle trane afvee.”
DIE OPENBARING 7:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
DIE OPENBARING 7:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en 'n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.”
DIE OPENBARING 7:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal nie meer honger of dors word nie; nie die son nie, ook geen hittegloed sal hulle brand nie. Want die Lam wat in die middel voor die troon staan, sal hulle soos 'n herder versorg en hulle na fonteine met lewende water lei, en God sal elke traan uit hulle oë vee.”
DIE OPENBARING 7:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie; en die son sal hulle nie aansteek nie en geen hitte nie. Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal al die trane van hulle oë afvee.
DIE OPENBARING 7:16-17 Die Boodskap (DB)
Hulle sal nooit weer honger of dors word nie en die hitte en koue sal nie vir hulle ondraaglik word nie. Daarvoor sal God sorg. Ja, die Lam, wat oor almal heers, sal persoonlik vir hulle sorg. Hy sal vir hulle alles gee wat nodig is om vir ewig te leef. En God sal sorg dat hulle nie meer hartseer sal wees of pyn sal ken nie.”
DIE OPENBARING 7:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle sal nie meer honger of dors word nie; die son sal nie op hulle neerskroei nie en ook nie ’n hittegloed nie. Die Lam wat in die middel by die troon staan, sal hulle soos ’n herder lei en hulle na die waterfonteine van die lewe bring; en God sal elke traan van hulle oë afdroog.”