DIE OPENBARING 7:10
DIE OPENBARING 7:10 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het hard geskree en gesê: “Ons God sit op die troon, Hy en die Lam het oorwin!”
DIE OPENBARING 7:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
DIE OPENBARING 7:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”
DIE OPENBARING 7:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het met 'n harde stem uitgeroep: “Die verlossing behoort aan ons God, wat op die troon sit, en aan die Lam!”
DIE OPENBARING 7:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Verlossing aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam.
DIE OPENBARING 7:10 Die Boodskap (DB)
Hulle het ook hard geskree sodat almal kon hoor: “Wil jy weet wie jou uit jou sonde kan red? Dit is ons God wat oor alles heers en die Lam wat dit kan doen!”