DIE OPENBARING 5:11-14
DIE OPENBARING 5:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Toe sien en hoor ek baie engele wat sing. Die engele was rondom God se troon en rondom die diere en die ouderlinge. Daar was baie miljoene engele. Hulle het hierdie woorde hard gesing: “Almal moet sing oor die Lam wat gesterf het. Hulle moet vertel dat Hy sterk en ryk is, en dat Hy wysheid en krag het, hulle moet Hom eer en prys en loof!” Toe hoor ek hoe sing alles wat lewe, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, en alles wat in hulle is. Hulle het hierdie woorde gesing: “Ons prys Hom wat op die troon sit en ons prys die Lam, ons eer en prys Hulle, Hulle wat sterk is, altyd en altyd!” En die vier diere het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en hulle het gebid tot God en die Lam.
DIE OPENBARING 5:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tienduisende van tienduisende en duisende van duisende; en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
DIE OPENBARING 5:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.
DIE OPENBARING 5:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek weer kyk, hoor ek die sang van baie engele rondom die troon, en van die lewende wesens en die ouderlinge. Daar was tienduisend maal tienduisende, duisend maal duisende, wat met harde stemme uitroep: “Waardig is die Lam wat geslag is, om die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof te ontvang.” En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” Die vier lewende wesens het ook uitgeroep: “•Amen!” En die ouderlinge het neergeval in aanbidding.
DIE OPENBARING 5:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het gesien en die stem van baie engele rondom die troon en die diere en die ouderlinge gehoor, en hulle getal was tienduisend maal tienduisend en duisende duisende; Met 'n groot stem sê: Die Lam wat geslag is, is waardig om krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en seën te ontvang. En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, en wat in die see is, en alles wat daarin is, het Ek hoor sê: Seën en eer en heerlikheid en krag kom aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam vir ewig en altyd. En die vier lewende wesens het gesê: Amen. En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat tot in alle ewigheid lewe.
DIE OPENBARING 5:11-14 Die Boodskap (DB)
Toe ek weer kyk, het ek derduisende engele gesien wat rondom die groepie leiers van die kerk, die vier lewende wesens en die troon staan. Hulle het in ’n massakoor hard gesing: “Die Lam met die wond aan sy nek is die belangrikste onder die belangrikstes. Soek jy krag? Jy sal dit by Hom kry. En rykdom? Dit is by Hom. En die kuns om te leef? Gaan leer maar by Hom. By Hom is die mag en die belangrikheid en eer en lof, ja, sommer alles.” Toe hoor ek hoe alles in die skepping ook saam begin sing. Letterlik alles en almal, of hulle in die hemel, op aarde, onder die aarde of in die see was, het gesing. Selfs alles in die see het saamgesing. Die ganse heelal het gesing: “Vir God wat op die troon sit en die Lam loof ons met al die goeie en mooi woorde wat ons ken. Al die eer en grootheid, al die krag is Hulle s’n vir ewig en altyd, sonder ophou.” Die vier lewende wesens het gesê: “Beslis, ja!” Die 24 leiers van die kerk het weer gekniel en God en die Lam aanbid.
DIE OPENBARING 5:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene. Hulle het in ’n magtige koor gesing: “Die Lam wat geslag is, is waardig genoeg om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lofprysing te ontvang.” Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam, kom toe die lofprysing en die eerbetoning, die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.