DIE OPENBARING 4:8-11
DIE OPENBARING 4:8-11 Bybel vir almal (ABA)
Elke dier het ses vlerke gehad, en daar was oë oral op die vlerke, bo en onder. Die vier diere het aangehou sing: “Die Here God, die Almagtige, is heilig, heilig, heilig! Hy was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom!” Ja, die vier diere het die Persoon wat op die troon sit, geloof en geprys. Hulle het vir Hom dankie gesê, vir Hom wat altyd lewe. Elke maal wanneer hulle dit doen, dan het die 24 ouderlinge op die grond gaan lê voor die Persoon wat op die troon sit. Hulle het tot Hom gebid, tot Hom wat altyd lewe. Hulle het hulle krone voor sy troon neergesit en gesê: “Here, ons God, almal moet U eer en prys en sê hoe sterk U is! Ons wil U eer! Ons wil U prys! Ons wil sê hoe sterk U is! Want U het alles gemaak! Ja, U het so besluit, daarom is alles daar, U het alles gemaak!”
DIE OPENBARING 4:8-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
DIE OPENBARING 4:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”
DIE OPENBARING 4:8-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom. ” En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê: “U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep.”
DIE OPENBARING 4:8-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vier diere het elkeen ses vlerke om hom gehad; en hulle was van binne vol oë, en hulle het dag en nag nie gerus en gesê: Heilig, heilig, heilig, Here God, die Almagtige, wat was en is en wat kom. En wanneer daardie diere heerlikheid en eer en dank gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, Die vier-en-twintig ouderlinge val neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat vir ewig en altyd lewe, en hulle werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om heerlikheid en eer en krag te ontvang, want U het alles geskape, en na U welbehae is hulle en is hulle geskape.
DIE OPENBARING 4:8-11 Die Boodskap (DB)
Elkeen van die vier diere het ook ses vlerke gehad. Niks in die skepping was dus buite hulle bereik nie, want met hulle vlerke kon hulle oral vlieg. Die vlerke was ook oortrek met oë wat alles sien. Dag en nag, sonder ophou, het hulle bly sê: “Heilig, heilig, heilig is God die Here, die Een wat mag oor alles het. Hy was nog altyd daar, Hy is nou steeds by ons, en Hy sal in die toekoms nog altyd by ons wees.” Die vier lewende wesens maak geen geheim daarvan hoe groot God is nie. Hulle basuin oral uit hoe belangrik Hy is. Hy is daar en leef vir ewig en altyd. Hulle hou nie op om vir God wat op sy troon sit vir alles en nogmaals alles dankie te sê nie. Wanneer die 24 leiers van die kerk dit hoor, val hulle uit eerbied voor God neer wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en altyd leef. Hulle sit die krone voor God neer om te wys dat Hy die enigste werklike heerser is. Dan sê hulle in ’n koor: “Here, ons God, wie kan so belangrik wees soos U? Na U sien almal op; U is sterker as die sterkstes. En dit is ook reg so, want dit is hoe U is. Ja, U het alles gemaak. Alles in die skepping is daar omdat U dit so wou gehad het.”
DIE OPENBARING 4:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad wat rondom en aan die binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: “U is waardig, Here ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur u wil is alles wat bestaan, geskape.”