DIE OPENBARING 3:7
DIE OPENBARING 3:7 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir die engel van die gemeente in die stad Filadelfia skryf: Die Heilige doen altyd wat Hy sê. Hy het die sleutel van koning Dawid. As Hy 'n deur oopsluit, dan kan niemand dit toesluit nie, en as Hy iets toesluit, dan kan niemand dit oopsluit nie. Hy sê
DIE OPENBARING 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie
DIE OPENBARING 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie
DIE OPENBARING 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Skryf ook aan die boodskapper van die •gemeente in Filadelfia: “Dit sê die Heilige, die Ware, wat die sleutel van Dawid hou, wat oopmaak, en niemand sal dit toesluit nie, wat toesluit, en niemand sal dit oopmaak nie.
DIE OPENBARING 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfia; Dit sê die Heilige, die Waaragtige, Hy wat die sleutel van Dawid het, hy wat oopmaak en niemand sluit nie; en sluit toe, en niemand maak oop nie
DIE OPENBARING 3:7 Die Boodskap (DB)
Skryf die volgende brief aan die leier van die gemeente in Filadelfia: Hier is ’n boodskap vir julle. Dit kom van Jesus af wat nie een stukkie valsheid of leuen in Hom het nie. God is die fokus van sy hele lewe. Hy het die sleutel van Dawid om vir mense die deur na die nuwe Jerusalem oop te sluit of toe te sluit. Waar Hy toesluit, kan niemand oopmaak nie en waar Hy oopsluit, kan niemand toemaak nie.