DIE OPENBARING 3:2
DIE OPENBARING 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet wakker word! Daar is party mense wat amper geestelik dood is. Jy moet hulle help om geestelik te lewe, want Ek sien hulle doen nie wat reg is nie, hulle doen nie wat my God wil hê nie.
DIE OPENBARING 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.
DIE OPENBARING 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie.
DIE OPENBARING 3:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees wakker, en versterk diegene wat nog oor is, wat op die punt is om dood te gaan. Ek het gevind dat jou dade in die oë van my God nie voldoende is nie.
DIE OPENBARING 3:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees waaksaam en versterk die wat oorbly, wat gereed is om te sterwe, want ek het jou werke nie volmaak voor God gevind nie.