DIE OPENBARING 3:17-20
DIE OPENBARING 3:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien. Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
DIE OPENBARING 3:17-20 Bybel vir almal (ABA)
Jy dink jy is ryk, baie ryk, jy dink jy het niks nodig nie. Maar jy is verkeerd, jy weet nie dat dit baie sleg gaan met jou nie. Mense moet jammer wees vir jou, jy is soos iemand wat arm en blind is en wat nie klere het nie. Ek wil hê jy moet na My toe kom. Dan sal jy by My ware goud koop en jy sal waarlik ryk wees. Ek sal vir jou wit klere gee, en niemand sal jou kaal liggaam sien nie. Ek sal vir jou salf gee om aan jou oë te smeer sodat jy waarlik kan sien. As Ek lief is vir mense, dan straf Ek hulle en Ek leer vir hulle om die regte dinge te doen. Daarom moet jy begin lewe soos Ek wil hê, en jy moet hard werk vir My! Ja, Ek is soos iemand wat by 'n deur staan en klop. As iemand my stem hoor en hy maak die deur oop, dan sal Ek inkom. Ek sal saam met hom eet, en hy sal saam met My eet.
DIE OPENBARING 3:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
DIE OPENBARING 3:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat jy sê, “Ek is ryk, ek het skatryk geword, en het aan niks gebrek nie,” en nie besef dat jy ellendig en bejammerenswaardig, brandarm, blind en naak is nie, raai Ek jou aan om by My goud te koop wat deur vuur gesuiwer is, sodat jy ryk kan wees; en wit klere, sodat jy jou kan aantrek, en die skaamte van jou naaktheid nie sigbaar word nie; en salf om aan jou oë te smeer, sodat jy kan sien. Diegene wat Ek liefhet, berispe en tug Ek: Wees dan ywerig en bekeer jou! Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe, en saam met hom eet, en hy saam met My.
DIE OPENBARING 3:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat jy sê: Ek is ryk en het vermeerder met goed en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat jy ellendig en ellendig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou aan om van My te koop goud wat in die vuur beproef is, sodat jy ryk kan word; en wit klere, sodat jy aangetrek kan word en die skande van jou naaktheid nie verskyn nie; en salf jou oë met oogsalf, dat jy kan sien. Almal as wat ek liefhet, bestraf en tugtig ek; wees dan ywerig en bekeer my. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop; as iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek na hom ingaan en saam met hom maaltyd hou, en hy saam met My.
DIE OPENBARING 3:17-20 Die Boodskap (DB)
Julle is nogal die mense wat dit waag om te spog. “Kyk hoe ryk is ons,” sê julle. “Kyk hoe gaan ons vooruit. Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles!” Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. ’n Mens wil eintlik sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want julle is soos blindes. Laat Ek julle goeie raad gee: kom koop geestelike goud by My en kom vind uit hoe dit voel om iets te hê wat regtig die moeite werd is. Kom kry by My behoorlike, geestelike klere en trek dit aan. Dan hoef julle nie meer uit verleentheid te probeer wegsteek dat julle eintlik geestelik kaal is nie. Ek het ook net die regte medisyne om op julle oë te sit sodat julle geestelik weer kan sien wat julle behoort te sien. Mense vir wie Ek regtig omgee, help Ek reg. Ek wys vir hulle wat Ek van hulle verwag. Soms moet Ek hulle op die regte pad hou op maniere wat nie vir hulle lekker is nie. Maar Ek doen dit uit liefde sodat hulle goeie Christene kan bly. Nou toe, Ek praat ook met julle. Sit skouer aan die wiel. Los al die afdraaipaadjies en stap net agter God aan. Kyk mooi na My. Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand dit hoor en die deur oopmaak, sal Ek instap na hom toe. Ons sal saameet soos baie goeie vriende behoort te doen.
DIE OPENBARING 3:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy sê: “Ek is ryk; ek het skatryk geword en het aan niks behoefte nie.” Jy besef nie dat jy ellendig en bejammerenswaardig is nie, armlastig, blind en kaal. Ek gee jou daarom die raad om by My goud te koop wat deur vuur gesuiwer is sodat jy ryk kan word; en koop vir jou wit klere om aan te trek sodat die skande van jou naaktheid nie algemeen sigbaar word nie; en koop ook oogsalf om aan jou oë te smeer sodat jy kan sien. Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer! Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.