DIE OPENBARING 3:12
DIE OPENBARING 3:12 Die Boodskap (DB)
Hou vas aan wat julle het sodat niemand julle dalk pootjie op julle pad om geestelike wenners te wees nie. Vir ’n geestelike wenner wag daar ’n groot beloning. Hy sal vir ewig en altyd naby God self wees. In God se huis self sal hy ’n baie belangrike plek hê. Ek sal name op julle skryf om te wys wie julle regtig is en aan wie julle behoort. Die eerste naam is die Naam van my God. Dan sal Ek die naam van die stad van God opskryf. (Hier verwys ek na die nuwe Jerusalem. Dit is uiteindelik God se groot gawe uit die hemel vir ons.) Die derde naam sal my eie Naam wees.
DIE OPENBARING 3:12 Bybel vir almal (ABA)
As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek sê jy mag 'n pilaar wees in die tempel van my God. Ja, jy sal in die hemel wees en jy sal nooit weer daar uitgaan nie. Ek sal my God se Naam op jou skryf en Ek sal die naam van my God se stad, die Nuwe Jerusalem, op jou skryf. Die Nuwe Jerusalem kom van my God, dit kom van die hemel. Ek sal ook my eie nuwe Naam op jou skryf.
DIE OPENBARING 3:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
DIE OPENBARING 3:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal vir altyd daar bly. Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel uit afkom. En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe.
DIE OPENBARING 3:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Wie oorwin, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal nooit weer daar uitgaan nie. Verder sal Ek ook die Naam van my God daarop graveer, en die naam van die stad van my God, dit is die nuwe Jerusalem, wat van my God uit die hemel neerdaal, en ook my nuwe Naam.
DIE OPENBARING 3:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hom wat oorwin, sal Ek 'n pilaar maak in die tempel van my God, en hy sal nie meer uitgaan nie; en Ek sal op hom die naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, dit is die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en ek sal my nuwe Naam op hom skrywe.
DIE OPENBARING 3:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die een wat aanhou oorwin, hom sal Ek ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hulle sal nooit weer daaruit weggeneem word nie. Ek sal op hulle die Naam van my God graveer, asook die naam van die stad van my God, naamlik die nuwe Jerusalem wat neerdaal uit die hemel, van my God af, asook my nuwe Naam.