DIE OPENBARING 22:15
DIE OPENBARING 22:15 Bybel vir almal (ABA)
Buite God se stad is die slegte mense en die mense wat toor en die mense wat onsedelik lewe en die mense wat ander mense vermoor en die mense wat afgode dien en almal wat daarvan hou om te lieg.
DIE OPENBARING 22:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
DIE OPENBARING 22:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.
DIE OPENBARING 22:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die honde bly buite, ook die towenaars en die hoereerders, die moordenaars en die afgodedienaars, en ook elkeen wat die leuen liefhet en beoefen.
DIE OPENBARING 22:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want buite is honde en towenaars en hoereerders en moordenaars en afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en maak.
DIE OPENBARING 22:15 Die Boodskap (DB)
Mense wat vieslik geleef het, hulle met allerhande geeste en toordery opgehou het, sal buite moet bly. In God se stad is daar nie plek vir hulle nie. Dit geld ook vir die onsedelike mense en mense wat allerhande ander dinge behalwe die ware God aanbid het. Ja, die mense wat hulle rug vir die waarheid gedraai het en van leuens leef, sal nie die binnekant van God se stad sien nie.