DIE OPENBARING 22:12-14
DIE OPENBARING 22:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
DIE OPENBARING 22:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Christus weer: “Ek sal gou kom! Ek weet wat elke mens gedoen het en Ek sal elke mens beloon. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. “Die mense wat reg lewe, is gelukkige mense! Hulle is soos mense wat skoon klere aangetrek het. Hulle mag eet van die vrugte van die bome van die lewe! En hulle mag deur die poorte ingaan na God se stad!
DIE OPENBARING 22:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
DIE OPENBARING 22:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kyk, Ek kom gou! En die beloning is by My, om elkeen volgens sy optrede te beloon. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Gelukkig is diegene wat hulle lang stolas was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe, en die stad deur die poorte kan binnegaan.
DIE OPENBARING 22:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, Ek kom gou; en my loon is by My, om elkeen te gee soos sy werk sal wees. Ek is Alfa en Omega, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Geseënd is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
DIE OPENBARING 22:12-14 Die Boodskap (DB)
“Kyk, Ek is op pad, Ek kom gou,” sê Christus. “My lys van wie beloon moet word, bring Ek saam. Ek sal elkeen gee wat hy volgens sy optrede verdien. Ek is die Een by wie alles begin en by wie alles ook eindig; die Eerste en die Laaste. Niks bestaan of gebeur buite My om nie. “Hoe gelukkig is die mense wat hulle klere skoon was sodat hulle reg is vir God se groot fees! Hulle sal reguit deur die poorte van die stad kan instap. Die boom wat aan mense lewe gee, sal hulle s’n wees.
DIE OPENBARING 22:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus sê: “Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” Geseënd is dié wat hulle klere skoon was sodat hulle aanspraak mag hê op die boom van die lewe, en mag ingaan deur die poorte van die stad.