DIE OPENBARING 21:6
DIE OPENBARING 21:6 Bybel vir almal (ABA)
God het vir my gesê: “Alles is verby! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. As iemand geestelik dors is, dan sal Ek vir hom water gee wat hom altyd laat lewe, water wat verniet is.
DIE OPENBARING 21:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
DIE OPENBARING 21:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.
DIE OPENBARING 21:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet!
DIE OPENBARING 21:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.