DIE OPENBARING 21:23-25
DIE OPENBARING 21:23-25 Bybel vir almal (ABA)
Daar was nie 'n son of 'n maan om vir die stad lig te gee nie. Dit was nie nodig nie, want die lig wat om God die Koning is, het daar lig gegee. En die Lam was die lamp vir die stad. Die volke sal lewe in die stad se lig, en die konings van die aarde sal na die stad kom, en dit sal wys hoe belangrik die stad is. Die stad se poorte sal nooit toe wees in die dag nie. En daar is nooit nag nie.
DIE OPENBARING 21:23-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie
DIE OPENBARING 21:23-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.
DIE OPENBARING 21:23-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook het die stad nie die son en die maan nodig om haar te verlig nie, want die heerlikheid van God het haar verlig, en die Lam is haar lamp. En die nasies sal leef in haar lig, en die konings van die aarde sal hulle heerlikheid na haar toe bring. Haar poorte sal bedags nie gesluit word nie, en daar sal ook nie meer nag wees nie.
DIE OPENBARING 21:23-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.
DIE OPENBARING 21:23-25 Die Boodskap (DB)
Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad. Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is. Die poorte sal nooit toegemaak word nie. Of anders gestel: dit sal die hele dag lank oop bly. Omdat God se lig daar is, word dit nooit nag nie. Niemand buite die stad sal geëer word nie.
DIE OPENBARING 21:23-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar. Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle glorie daarheen. Die poorte van die stad sal bedags nooit gesluit word nie, en daar sal nie meer nag wees nie.