DIE OPENBARING 21:1-8
DIE OPENBARING 21:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Toe sien ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde. Want die eerste hemel en die eerste aarde was nie meer daar nie. Die see was ook nie meer daar nie. Toe sien ek die gewyde stad, die Nuwe Jerusalem, kom af uit die hemel, van God af. Die stad was gereed, soos 'n bruid wat haarself mooi gemaak het vir haar man. Toe hoor ek iemand praat by God se troon. Hy het hard gesê: “Kyk, God woon nou by die mense! Ja, Hy sal by hulle woon! En hulle sal sy volke wees! God sal self by hulle wees! God sal al die trane van hulle oë afvee! Hulle sal nooit sterf nie! Hulle sal nooit huil en kla nie! Hulle sal nooit seerkry nie! Want die ou dinge het verbygegaan!” En God wat op die troon sit, het gesê: “Kyk! Ek verander alles! Ja, Ek maak alles nuut!” God het ook gesê: “Jy moet skryf wat Ek sê, want Ek doen altyd wat Ek sê, Ek praat altyd die waarheid.” God het vir my gesê: “Alles is verby! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. As iemand geestelik dors is, dan sal Ek vir hom water gee wat hom altyd laat lewe, water wat verniet is. As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou baie goeie dinge gee. Ek sal jou God wees en jy sal my kind wees. Maar al die mense wat bang is en die mense wat nie glo nie, sal in die see van vuur en swael kom, en ook die mense wat baie verkeerde dinge doen en die mense wat ander mense doodmaak en die mense wat onsedelik lewe en die mense wat toor en die mense wat afgode dien en die mense wat lieg. Die see van vuur en swael is die tweede dood.”
DIE OPENBARING 21:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is. En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees. Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
DIE OPENBARING 21:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”
DIE OPENBARING 21:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie. En ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal. Sy is gereedgemaak, soos 'n bruid wat versier is vir haar man. Ek het toe 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, God se woonplek is by die mense. En Hy sal by hulle woon; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog. En die dood sal nie meer daar wees nie; ook nie rou of 'n gehuil of pyn sal meer bestaan nie; want die eerste dinge het verbygegaan.” Hy wat op die troon sit, het gesê: “Kyk, Ek maak alles nuut. ” En Hy het ook gesê: “Skryf neer dat hierdie woorde betroubaar en waar is.” Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet! Wie oorwin, sal hierdie dinge beërf, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. Maar vir die lafhartiges, ongelowiges, losbandiges, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is die brandende poel van vuur en swael; dit is die tweede dood.”
DIE OPENBARING 21:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand. En hy het die draak, die ou slang, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom duisend jaar lank gebind, En gooi hom in die afgrond en sluit hom toe en sit 'n seël op hom, dat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar vervul sou wees nie; en daarna moet hy 'n kort tydjie ontbind word. En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en oordeel is aan hulle gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is ter wille van die getuienis van Jesus en vir die woord van God, en wat die dier nie aanbid het nie, en ook nie sy beeld, en het sy merk nie op hulle voorhoofde of in hulle hande ontvang nie; en hulle het geleef en saam met Christus geregeer duisend jaar lank. Maar die res van die dooies het nie weer lewend gemaak voordat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. En as die duisend jaar verby is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word, En hy sal uittrek om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog; hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 21:1-8 Die Boodskap (DB)
Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie. Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees. As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.” Die Een wat op die troon sit, sê toe: “Kyk mooi, Ek maak alles nuut!” Verder sê Hy: “Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur. Alles begin by My en Ek besluit waar alles gaan eindig. Ek is die begin en die einde. As iemand geestelik dors is, sal Ek vir hom sorg. Ek sal vir hom water gee wat ’n mens se geestelike dors les en hom vir ewig laat leef. Dit alles is gratis. Die persoon wat enduit as Christen volhou, sal soos ’n egte kind al hierdie dinge van My erf. Dit is my ooreenkoms. Ek sal vir hom God wees, en hy sal my kind wees. “Maar ’n see van brandende vlamme en swael wag vir ander mense: dit is daardie lafhartige mense wat nie na My luister nie. Hulle doen die vieslikste dinge. Hulle gee nie om om ander mense dood te maak nie. Hulle slaap rond en doen seksuele dinge wat ’n mens nie behoort te doen nie. Om nie eens te praat van hoe hulle afgode dien en soos towenaars allerhande geestelike magte vir hulle eie voordeel probeer manipuleer nie. Dit is ook hulle wat so lieg. Nou ja, vir hulle wag daar geen toekoms nie, net die tweede dood.”
DIE OPENBARING 21:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie. Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos ’n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is. Ek het toe ’n kragtige stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die tentwoning van God is nou onder die mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.” Hy wat op die troon sit, het toe gesê: “Kyk, Ek maak alle dinge nuut.” En Hy sê verder: “Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.” Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water. Die een wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hom God wees en hy sal vir My ’n kind wees. “Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.”