DIE OPENBARING 20:6
DIE OPENBARING 20:6 Bybel vir almal (ABA)
Ja, God sal sy mense weer laat lewe wanneer dit die eerste opstanding is. Daardie mense is gelukkig! Hulle behoort aan God! Die tweede dood kan niks aan hulle doen nie! Hulle sal vir God en vir Christus dien en hulle sal 1 000 jaar lank saam met Christus regeer.
DIE OPENBARING 20:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
DIE OPENBARING 20:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer.
DIE OPENBARING 20:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig en heilig is die een wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood nie mag nie. Hulle sal priesters van God en van Christus wees, en saam met Hom 'n duisend jaar lank regeer.
DIE OPENBARING 20:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
DIE OPENBARING 20:6 Die Boodskap (DB)
Hierdie mense wat so opstaan, is baie gelukkig. Hulle is God s’n. Die tweede dood sal hulle nie kan beetkry nie. Hulle sal vir ewig leef en God en Christus dien met alles wat hulle het. Saam met Jesus sal hulle 1 000 jaar lank oor alles heers.