DIE OPENBARING 2:20-23
DIE OPENBARING 2:20-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ek het dít teen julle dat julle die vrou Isebel laat begaan. Sy doen haar as profetes voor en leer en verlei my dienaars om onsedelikheid te bedrywe en afgodsoffervleis te eet. Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. Kyk, Ek gee haar aan 'n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding – as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. Haar volgelinge sal Ek deur 'n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late.
DIE OPENBARING 2:20-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Ek hou dit teen jou dat jy die vrou Isebel net laat begaan – sy wat haarself 'n profetes noem, en my diensknegte leer en verlei om te hoereer en om afgodsoffers te eet. Ek het haar tyd gegun om tot bekering te kom, maar sy weier om haar te bekeer van haar hoerery. Kyk, Ek werp haar op 'n siekbed, en ook hulle wat met haar egbreuk gepleeg het, in groot verdrukking, as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. En haar kinders sal Ek met die dood tref. Laat al die gemeentes daarvan kennis neem dat dit Ek is wat niere en harte deurgrond. Ek sal elkeen van julle beloon volgens julle dade.
DIE OPENBARING 2:20-23 Die Boodskap (DB)
Maar daar is iets waarvan Ek nie hou nie en waaroor Ek julle kwalik neem. Julle laat daardie vrou Isebel toe om te doen wat sy wil. Sy noem haarself mos iemand wat God se boodskap verkondig. Al wat sy doen, is om die mense wat My dien te mislei om verkeerde dinge aan te vang. Sy leer hulle om afgode te dien. Daar neem hulle aan onsedelike feeste deel en hulle sit sommer saam met die afgode aan tafel ook. Ek het haar oorgenoeg kans gegee om van die verkeerde pad af om te draai, maar sy wou nie. Sy vaar maar voort in haar onsedelikheid. Kyk nou mooi. Ek gaan haar met ’n siekbed straf. En almal wat saam met haar so onsedelik geleef het, sal bitter swaarkry. Daarvoor sal Ek sorg. Dit is hulle voorland, behalwe as hulle heeltemal ’n omkeer in hulle lewe maak en My weer voluit begin dien. Ek sal elkeen uitwis wat haar slegte voorbeeld volg. Elke kerklidmaat sal dan besef dat mense My nie om die bos kan lei nie. Nee, niemand kan iets vir My wegsteek nie. Ek weet wat elkeen dink en wat hier diep binne hom aangaan. Onthou dit maar: elke gelowige sal van My kry wat hy volgens sy optrede verdien.
DIE OPENBARING 2:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy die vrou Isebel laat begaan. Sy noem haarself ’n profetes. Sy onderrig en verlei my diensknegte om seksuele sondes te doen en om afgodsoffervleis te eet. Ek het haar ’n bepaalde tyd gegun om tot inkeer te kom, maar sy weier om haar te bekeer van haar seksuele sondes. Kyk, Ek pen haar op ’n siekbed vas, en die mense wat saam met haar aan seksuele wanpraktyke deelneem, gee Ek oor aan hewige swaarkry as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.
DIE OPENBARING 2:20-23 Bybel vir almal (ABA)
Maar Ek is kwaad vir jou, want jy doen niks teen die vrou Isebel nie. Sy sê sy is 'n profeet, maar sy leer dinge wat nie waar is nie, sy leer dit vir die mense wat My dien. Sy leer vir hulle om onsedelik te lewe en om afgod-offervleis te eet. Ek het vir haar tyd gegee om te begin lewe soos Ek wil hê en om op te hou om onsedelik te lewe, maar sy wil nie ophou nie. As sy en almal wat saam met haar onsedelik lewe, nie ophou om verkeerde dinge te doen nie en as hulle nie begin lewe soos Ek wil hê nie, dan sal Ek vir haar en vir hulle baie siek laat word. Ek sal almal laat sterf wat doen wat sy sê. Dan sal al die gemeentes weet dat Ek sien wat mense dink en wat hulle wil doen. Ek oordeel elke mens oor wat hy gedoen het.
DIE OPENBARING 2:20-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
DIE OPENBARING 2:20-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nietemin het ek 'n paar dinge teen jou, omdat jy daardie vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my dienaars te verlei om te hoereer en om afgode-offers te eet. En Ek het haar ruimte gegee om haar van haar hoerery te bekeer; en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek sal haar in 'n bed werp, en die wat met haar owerspel pleeg, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie bekeer van hul dade nie. En Ek sal haar kinders met die dood doodmaak; en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek; en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens jou werke.