DIE OPENBARING 13:7
DIE OPENBARING 13:7 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande.
DIE OPENBARING 13:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
DIE OPENBARING 13:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie.
DIE OPENBARING 13:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is toegelaat om teen die •heiliges oorlog te voer, en hulle te oorwin. Aan hom is ook volmag gegee oor elke stam en volk en taal en nasie.
DIE OPENBARING 13:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin; en aan hom is mag gegee oor alle geslagte en tale en nasies.