DIE OPENBARING 12:10-11
DIE OPENBARING 12:10-11 Die Boodskap (DB)
Ek hoor toe iemand wat hard praat sodat almal dit kan hoor: “Nou het God ons gered. Nou het Hy sy krag bewys. Ons God heers oor almal en sy Messias het al die mag. “Kyk net, die een wat gedurig God se kinders oor hulle foute aangekla het, is uit die hemel uitgegooi. Ja, hy het God se mense mos sonder ophou, dag en nag, voor God beskuldig. Hulle het hom behoorlik gewen. Hulle wapens was die bloed van die Lam en die boodskap wat hulle met soveel oortuiging aan ander vertel het. Alles het nie net vir hulle om hulleself gedraai nie. Hulle was bereid om tot die dood toe met hierdie wapens te veg.
DIE OPENBARING 12:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê: “Ons God het ons gered! Hy is baie sterk! Hy is ons Koning en Hy regeer! Ja, die Christus van God regeer oor alles en almal! Want God het die Satan uit die hemel gegooi, die Satan wat elke dag en elke nag die mense beskuldig wat saam met ons glo. Maar die gelowiges het die Satan oorwin omdat die Lam gesterf het en omdat hulle vir almal vertel het wat hulle geglo het. Ja, hulle was nie bang toe die mense hulle doodgemaak het nie.
DIE OPENBARING 12:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
DIE OPENBARING 12:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
DIE OPENBARING 12:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek 'n harde stem in die hemel hoor uitroep: “Nou het die verlossing en die krag en die koningsheerskappy van ons God deurgebreek, en ook die volmag van sy •Christus, omdat die aanklaer van ons broers uitgegooi is, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Húlle het hom oorwin, op grond van die bloed van die Lam, en op grond van hulle getuienis. Selfs in die aangesig van die dood het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie.
DIE OPENBARING 12:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het 'n harde stem in die hemel hoor sê: Nou het die verlossing en sterkte en die koninkryk van onse God en die krag van sy Christus gekom, want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, wat hulle aangekla het voor ons God, dag en nag. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis; en hulle het hulle lewe tot die dood toe nie liefgehad nie.
DIE OPENBARING 12:10-11 Die Boodskap (DB)
Ek hoor toe iemand wat hard praat sodat almal dit kan hoor: “Nou het God ons gered. Nou het Hy sy krag bewys. Ons God heers oor almal en sy Messias het al die mag. “Kyk net, die een wat gedurig God se kinders oor hulle foute aangekla het, is uit die hemel uitgegooi. Ja, hy het God se mense mos sonder ophou, dag en nag, voor God beskuldig. Hulle het hom behoorlik gewen. Hulle wapens was die bloed van die Lam en die boodskap wat hulle met soveel oortuiging aan ander vertel het. Alles het nie net vir hulle om hulleself gedraai nie. Hulle was bereid om tot die dood toe met hierdie wapens te veg.
DIE OPENBARING 12:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het ek ’n kragtige stem in die hemel hoor sê: “Nou het die verlossing en die krag en die koninklike heerskappy van ons God aangebreek, asook die mag van sy Christus. Die aanklaer van ons medegelowiges is neergegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie.