DIE OPENBARING 11:6
DIE OPENBARING 11:6 Bybel vir almal (ABA)
God het ook gesê dat hulle mag sê dit moenie reën nie, en dan sal dit nie reën nie. Terwyl hulle God se boodskap bring, sal dit nie reën nie. God het ook gesê hulle mag water verander sodat dit bloed word en hulle mag die aarde op baie maniere laat swaarkry, so baie maal soos hulle wil.
DIE OPENBARING 11:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
DIE OPENBARING 11:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het die mag om die hemel toe te sluit, sodat daar gedurende die hele tyd wanneer hulle God se boodskap verkondig, geen reën sal val nie. Hulle het ook die mag om al die water in bloed te verander en om die aarde met allerhande plae te tref so dikwels as hulle dit nodig vind.
DIE OPENBARING 11:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle beskik oor die volmag om die hemel te sluit, sodat dit gedurende die tyd wat hulle profeteer, nie sal reën nie. Hulle het ook die volmag om, so dikwels as hulle wil, die water in bloed te verander, en om die aarde met elke moontlike plaag te tref.
DIE OPENBARING 11:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het mag om die hemel toe te sluit, sodat dit nie reën in die dae van hulle profesie nie; en hulle het mag oor waters om dit in bloed te verander en om die aarde te slaan met al die plae, so dikwels as wat hulle wil.
DIE OPENBARING 11:6 Die Boodskap (DB)
Hulle kan ook keer dat daar ’n druppel reën val solank hulle die mense van God vertel. Soos Moses van ouds kan hulle die water oral ondrinkbaar maak. Hulle verander dit in bloed. Hulle kan ook - as hulle natuurlik wil - die aarde en die mense met allerhande plae tref.
DIE OPENBARING 11:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle beskik oor die mag om die hemel te sluit sodat dit nie sal reën nie vir die volle tyd wat hulle die wil van God verkondig. Hulle beskik ook oor die mag om die waters in bloed te verander en om die aarde met elke moontlike plaag te tref, so dikwels as wat hulle dit nodig vind.