PSALMS 99:5-6
PSALMS 99:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hý het hulle verhoor.
PSALMS 99:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ons God die Here prys, julle moet voor Hom buig, Hy is heilig. Moses en Aäron was twee van sy priesters, en Samuel was een van die mense wat tot Hom gebid het. Hulle het tot die Here gebid, en Hy het hulle geantwoord.
PSALMS 99:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hý het hulle verhoor.
PSALMS 99:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor.
PSALMS 99:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verheerlik die HERE ons God, buig in aanbidding voor die voetbank vir sy voete: “Heilig is Hy!” Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Wanneer hulle die HERE aangeroep het, het Hy self hulle geantwoord.
PSALMS 99:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verhef die HERE onse God, en aanbid voor sy voetbank; want Hy is heilig. Moses en Aäron onder sy priesters, en Samuel onder die wat sy Naam aanroep; hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle geantwoord.