PSALMS 93:1-2
PSALMS 93:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here regeer! Sy grootheid en krag is vir Hom soos sy klere. Kyk hoe vas staan die wêreld, ’n mens kan dit nie sommer rondstoot nie. Maar die Here wat oor alles heers, staan nog vaster, want Hy is van altyd af daar.
PSALMS 93:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is Koning. Hy dra sy koningklere, Hy is sterk. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie. Here, u troon staan vas van die begin af, U was van altyd af daar.
PSALMS 93:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.
PSALMS 93:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie, en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar.
PSALMS 93:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE regeer; Hy is met majesteit beklee. Die HERE beklee Hom, met krag omgord Hy Hom. Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie. U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.