PSALMS 91:14-16
PSALMS 91:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
PSALMS 91:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat hy My liefhet, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom verhef, omdat hy my Naam geken het. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom antwoord: Ek sal by hom wees in benoudheid; Ek sal hom verlos en hom eer. Met 'n lang lewe sal Ek hom versadig en hom my heil laat sien.
PSALMS 91:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek sal hom red omdat hy aanhou om lief te wees vir My. Ek sal hom beskerm omdat hy My ken. Hy sal roep en vra dat Ek hom moet help, en Ek sal doen wat hy vra. Ek sal by hom wees wanneer dit sleg gaan, Ek sal hom red en Ek sal hom belangrik maak. Ek sal hom lank laat lewe, baie lank, Hy sal weet dat Ek hom gered het.”
PSALMS 91:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. 'n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.”
PSALMS 91:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom bevry; Ek sal hom beskerm omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom antwoord. Ek sal by hom wees in nood; Ek sal hom red en aan hom eer gee. Met 'n lang lewe sal Ek hom versadig; Ek sal hom my verlossing laat ervaar.”
PSALMS 91:14-16 Die Boodskap (DB)
Die Here sê self: “Iemand wat My liefhet, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm omdat hy My vertrou. Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help; Ek sal hom in enige krisis bystaan. In sy nood sal Ek hom help. So sal Ek eer aan hom bewys. Ek sal sy lewe vol maak met goeie dinge. Hy sal lank leef. Hy sal bly wees, want hy weet dat Ek graag help.”