PSALMS 91:1-2
PSALMS 91:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God, wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm, dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig, U is vir my soos 'n veilige plek in die berge. My God, ek weet U sal my beskerm.”
PSALMS 91:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
PSALMS 91:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
PSALMS 91:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, sal oornag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sê vir die HERE: “My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou!”
PSALMS 91:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste woon, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal van die HERE sê: Hy is my toevlug en my vesting: my God; op Hom sal ek vertrou.
PSALMS 91:1-2 Die Boodskap (DB)
As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar. Jy kan vir die Here sê: “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou.”