PSALMS 89:1-4
PSALMS 89:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Maskiel . Van Etan, die Esragiet . Oor die troue liefde van die HERE wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand. “Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het aan my dienskneg, Dawid, met 'n eed belowe
PSALMS 89:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil altyd sing van die goedheid van die HERE. Ek wil, geslag na geslag, sy getrouheid bekendmaak. Ek het gesê: “U troue liefde sal vir altyd duur. U getrouheid is so standvastig soos die hemel.” U het gesê: “Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene. Ek het ’n eed afgelê vir Dawid, my dienaar
PSALMS 89:1-4 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied. Van Etan, die Esragiet. Here, ek wil altyd sing en sê dat U elke maal doen wat U belowe het, ek wil vir elke geslag leer dat U altyd dieselfde bly. Ja, ek sê dat U altyd doen wat U belowe het, U sal dieselfde bly, soos die lug daarbo. U het gesê: “Ek het 'n verbond gemaak met die man wat Ek gekies het, Ek het vir my dienaar Dawid belowe en gesê
PSALMS 89:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N ONDERWYSING van Etan, die Esrahiet. Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag. Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele — daar bevestig U u trou. Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe
PSALMS 89:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gedig van Etan die Esragiet. Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.” U het gesê: “Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het 'n eed gesweer vir my dienaar Dawid
PSALMS 89:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Maskiel . Van Etan, die Esragiet . Oor die troue liefde van die HERE wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand. “Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het aan my dienskneg, Dawid, met 'n eed belowe
PSALMS 89:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil sing van die goedertierenhede van die HERE tot in ewigheid; met my mond sal ek U trou van geslag tot geslag bekend maak. Want Ek het gesê: Barmhartigheid sal tot in ewigheid opgebou word; U trou sal U in die hemel bevestig. Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorenes, ek het aan my kneg Dawid gesweer, Ek sal jou nageslag vir ewig bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.