PSALMS 89:1-2
PSALMS 89:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied. Van Etan, die Esragiet. Here, ek wil altyd sing en sê dat U elke maal doen wat U belowe het, ek wil vir elke geslag leer dat U altyd dieselfde bly.
PSALMS 89:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N ONDERWYSING van Etan, die Esrahiet. Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.
PSALMS 89:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gedig van Etan die Esragiet. Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte.
PSALMS 89:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Maskiel . Van Etan, die Esragiet . Oor die troue liefde van die HERE wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak.
PSALMS 89:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil sing van die goedertierenhede van die HERE tot in ewigheid; met my mond sal ek U trou van geslag tot geslag bekend maak. Want Ek het gesê: Barmhartigheid sal tot in ewigheid opgebou word; U trou sal U in die hemel bevestig.