PSALMS 86:1-2
PSALMS 86:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister tog na my gebed, HERE! Antwoord my, want ek is arm en ellendig. Beskerm my, want ek is getrou aan U. Red my, want ek is u dienaar. U is my God op wie ek vertrou.
PSALMS 86:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Gebed. Van Dawid. Here, U moet luister, U moet my antwoord, want ek kan myself nie help nie en ek het niks. U moet my lewe beskerm, want ek glo in U. U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal. U is my God.
PSALMS 86:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GEBED van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
PSALMS 86:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek.
PSALMS 86:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gebed. Van Dawid. HERE, draai u oor, antwoord my, want ek is magteloos en behoeftig. Beskerm my lewe, want ek is 'n getroue volgeling. Verlos u dienskneg wat op U vertrou; U is my God.
PSALMS 86:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Buig u oor, HERE, luister na my, want ek is arm en behoeftig. Bewaar my siel; want ek is heilig; o my God, verlos U kneg wat op U vertrou.