PSALMS 85:10-11
PSALMS 85:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Redding is beslis voor die deur vir hulle wat Hom dien. Dan sal sy magtige teenwoordigheid in ons land bly woon. Liefde en trou sal mekaar ontmoet. Regverdigheid en vrede sal mekaar omhels!
PSALMS 85:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Dit is seker, die tyd is naby wanneer die Here die mense sal red wat Hom dien. Dan sal Hy, die Koning, by ons in ons land wees. Hy sal doen wat Hy belowe het, en sy volk sal doen wat hulle moet doen. Hy sal reg doen aan hulle, en dit sal goed gaan met hulle.
PSALMS 85:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon. Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
PSALMS 85:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels
PSALMS 85:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy verlossing is beslis naby dié wat vir Hom ontsag het, sodat sy heerlikheid in ons land 'n tuiste kan hê. Troue liefde en waarheid ontmoet mekaar, •geregtigheid en vrede omhels mekaar.
PSALMS 85:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Barmhartigheid en waarheid word saam ontmoet; geregtigheid en vrede het mekaar gesoen. Die waarheid sal uit die aarde spruit; en geregtigheid sal uit die hemel neerdaal.
PSALMS 85:10-11 Die Boodskap (DB)
Die Here maak mense vry wat Hom dien. Hy help hulle wat Hom aanbid, en gou ook. Hy red hulle. Almal hier rondom ons sal dit sien. ’n Paar dinge hoort bymekaar: troue liefde en gehoorsaamheid aan God kan nooit van mekaar losgemaak word nie. Om dinge te doen soos die Here wil hê, en om sy vrede te ken hoort ook saam.