PSALMS 81:10-12
PSALMS 81:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie ander gode by julle hê nie, julle moenie buig vir die gode van ander volke nie. Dit is Ek, julle God die Here wat vir julle uit die land Egipte gebring het. Ek sal vir julle alles gee wat julle nodig het om te lewe. “Maar my volk het nie geluister na My nie, Israel wou My nie hê nie.
PSALMS 81:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie. Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.
PSALMS 81:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
‘Daar mag vir julle geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’ “Maar my volk het nie na My geluister nie, Israel wou niks met My te doen hê nie.
PSALMS 81:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar mag by jou nie 'n vreemde god wees nie, jy mag nie voor 'n uitlandse god in aanbidding buig nie. Ek, die HERE, is jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het. Maak jou mond wyd oop, sodat Ek dit kan vul. “Maar my volk het nie na My geluister nie, Israel wou My nie gehoorsaam nie.
PSALMS 81:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland uitgelei het; maak jou mond wyd oop, en Ek sal dit vul. Maar my volk wou nie na my stem luister nie; en Israel wou nie een van my nie. Daarom het Ek hulle oorgegee aan die begeerlikheid van hul eie hart, en hulle het in hul eie planne gewandel.
PSALMS 81:10-12 Die Boodskap (DB)
‘Moet nooit ander gode aanbid nie. Moenie voor vreemde gode neerbuig nie. Ek is mos julle Here, julle God! Dit is Ek wat julle daar in Egipte gehelp het. Ek sal goed vir julle sorg. Wat julle nodig het, gee Ek vir julle.’ “Maar nee, my kinders wou nie luister nie. Hulle het mos beter geweet en die rug vir My gedraai.
PSALMS 81:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle mag nie ’n ander god dien, of voor ’n vreemde god buig nie. Want Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipte gebring het. Maak julle mond wyd oop, dan sal Ek dit vol maak. “Maar nee, my volk het nie geluister nie. Israel wou niks van My weet nie.