PSALMS 78:36-37
PSALMS 78:36-37 Bybel vir almal (ABA)
Maar hulle wou Hom bedrieg, hulle het dinge gesê, maar hulle was vals. Hulle het nie regtig in God geglo nie, hulle het nie gedoen wat Hy gesê het toe Hy 'n verbond met hulle gemaak het nie.
PSALMS 78:36-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg; maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
PSALMS 78:36-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hulle was vals teenoor Hom, hulle was nie opreg in wat hulle gesê het nie, hulle was ontrou aan Hom, hulle het hulle nie aan sy verbond gehou nie.
PSALMS 78:36-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hulle het Hom probeer oorreed met die mond en het vir Hom bly lieg met die tong. Hulle harte was nie standvastig teenoor Hom nie; hulle was nie getrou aan sy verbond nie.
PSALMS 78:36-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nogtans het hulle hom met hul mond gevlei en vir hom gelieg met hul tong. Want hulle hart was nie reg met hom nie, en hulle was nie standvastig in sy verbond nie.