PSALMS 78:3-7
PSALMS 78:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons voorgeslagte ons vertel het, verswyg ons nie vir ons kinders nie, maar vertel vir die volgende geslag van die roemryke dade van die HERE, van sy krag en van sy wonderdade. Hy het voorskrifte aan Jakob gegee, en sy gebooie aan Israel. Hy het ons voorouers beveel om dit aan hulle kinders te leer sodat die volgende geslag dit kan ken, en selfs die ongebore kinders weer húlle kinders kan leer. So sal hulle op God kan hoop, die werke van God nie vergeet nie, maar sy bevele gehoorsaam
PSALMS 78:3-7 Bybel vir almal (ABA)
Ons het dit gehoor en ons weet dit, ons voorvaders het dit vir ons vertel. Ons wil dit nie wegsteek vir hulle nageslag nie, ons wil aanhou om vir die volgende geslag te vertel hoekom hulle die Here moet prys. Ons wil vertel van die Here se krag en van die wonderwerke wat Hy gedoen het. Hy het vir die nageslag van Jakob, vir Israel, gesê wat Hy wil hê, wat hulle moet doen. Hy het vir ons voorvaders gesê hulle moet dit vir hulle kinders leer. Elke volgende geslag moet weet wat die Here wil hê, elke kind wat gebore sal word, en hulle moet dit ook vir hulle kinders leer. Hulle moet glo dat God hulle sal help. Hulle moenie vergeet wat Hy gedoen het nie en hulle moet doen wat Hy gesê het.
PSALMS 78:3-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar
PSALMS 78:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons vaders ons vertel het, sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het. Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee, aan Israel sy onderwysing. Hy het ons voorvaders beveel om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan húlle kinders kan vertel. So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het
PSALMS 78:3-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat ons gehoor het en weet, wat ons voorouers aan ons vertel het, mag ons nie vir ons kinders wegsteek nie. Aan die volgende geslag sal ons die roemryke dade van die HERE vertel: van sy mag en die wonders wat Hy gedoen het. Hy het 'n bepaling neergelê in Jakob, 'n wet vasgestel in Israel: Wat Hy ons voorouers beveel het, moet aan hulle kinders bekend gemaak word, sodat die volgende geslag dit sal weet, die kinders wat nog gebore moet word, sal opstaan en dit aan hulle kinders vertel, en sodat húlle weer hulle vertroue in God kan stel, God se dade nie vergeet nie en kan hou by sy bevele.
PSALMS 78:3-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat ons gehoor en geken het, en ons vaders het ons vertel. Ons sal hulle nie vir hulle kinders verberg nie, en aan die toekomstige geslag die lofsange van die HERE en sy sterkte en sy wonderdade wat Hy gedoen het, verkondig. Want Hy het 'n getuienis in Jakob opgerig en 'n wet in Israel aangestel wat Hy ons vaders beveel het om dit aan hulle kinders bekend te maak. Sodat die komende geslag hulle kan ken, ja, die kinders wat gebore moet word; wie moet opstaan en dit aan hulle kinders verkondig: sodat hulle op God kan hoop en die werke van God nie vergeet nie, maar sy gebooie bewaar.
PSALMS 78:3-7 Die Boodskap (DB)
Dis ’n verhaal wat ons by ons pa gehoor het en wat al ons kinders goed moet ken. Daarom vertel ons dit vir die jong geslag, sodat hulle kan weet van die groot dinge wat die Here gedoen het. Hulle moet weet hoe groot en sterk Hy is en watter buitengewone groot dinge Hy gedoen het. Hy het vir Jakob gesê hoe om te leef en aan Israel sy wet gegee. Die Here het ons oupas en oumas beveel om dit alles vir hulle kinders te vertel. Almal moet die kans kry om te hoor dat hulle in God moet glo. Ook ons kinders en kleinkinders moet daarvan kennis neem. Niemand mag ooit vergeet wat God gedoen het nie. So sal hulle leer om ook op God te vertrou. Hulle sal doen wat Hy sê.
PSALMS 78:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons voorgeslagte ons vertel het, verswyg ons nie vir ons kinders nie, maar vertel vir die volgende geslag van die roemryke dade van die HERE, van sy krag en van sy wonderdade. Hy het voorskrifte aan Jakob gegee, en sy gebooie aan Israel. Hy het ons voorouers beveel om dit aan hulle kinders te leer sodat die volgende geslag dit kan ken, en selfs die ongebore kinders weer húlle kinders kan leer. So sal hulle op God kan hoop, die werke van God nie vergeet nie, maar sy bevele gehoorsaam