PSALMS 78:24-25
PSALMS 78:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het manna op hulle laat reën om te eet, uit die hemel brood vir hulle gegee. Kos van engele het hulle geëet, kos in oorvloed het God gegee.
PSALMS 78:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het manna op hulle laat reën, uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet. Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet. God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur.
PSALMS 78:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het manna om te eet op hulle laat reën, koring van die hemel het Hy aan hulle gegee, die brood van engele – mense het dit geëet. Padkos het Hy vir hulle gestuur – tot versadiging toe.
PSALMS 78:24-25 Die Boodskap (DB)
Hy het arms vol kos op hulle laat neerreën uit die hemel: manna, hemelse brood! Skielik het gewone mense dieselfde kos as engele in die hemel geëet. Elke dag was daar oorgenoeg kos vir almal. God het dit gestuur.
PSALMS 78:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Hy het manna op hulle laat reën sodat hulle dit kon eet. Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee. Mense het brood van engele geëet, God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg.
PSALMS 78:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
PSALMS 78:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het manna op hulle laat reën, uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet. Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet. God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur.
PSALMS 78:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het manna om te eet op hulle laat reën, koring van die hemel het Hy aan hulle gegee, die brood van engele – mense het dit geëet. Padkos het Hy vir hulle gestuur – tot versadiging toe.
PSALMS 78:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het manna op hulle laat reën om te eet en hulle van die hemelkorrel gegee. Die mens het engele se kos geëet: hy het vir hulle vleis oorgedra.