PSALMS 78:20-22
PSALMS 78:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het wel teen 'n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword; Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand, teen Israel sy toorn laat woed omdat hulle nie op God vertrou het en op sy hulp staatgemaak het nie.
PSALMS 78:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, Hy het 'n rots geslaan en water het uitgestroom, spruite het gevloei. Sou Hy ook brood kon gee of vleis voorberei vir sy volk?” Daarom, toe die HERE dit hoor, het Hy woedend geword, en 'n vuur het uitgebreek teen Jakob. Ook het sy toorn opgevlam teen Israel, omdat hulle nie in God geglo het nie, en nie op sy verlossing vertrou het nie.
PSALMS 78:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Hy ’n rots geslaan het, het daar water uitgekom en strome het gevloei, maar kan Hy ook brood verskaf en vleis gee vir sy volk?” Toe die HERE dit hoor, was Hy baie kwaad. ’n Vuur het teen Jakob ontbrand; sy toorn het teen Israel ontvlam, want hulle het God nie geglo nie, en nie op sy verlossing vertrou nie.
PSALMS 78:20-22 Bybel vir almal (ABA)
Dit is waar, Hy het 'n rots geslaan, en daar het water uitgestroom, daar het riviere gevloei. Maar kan God ook brood gee, of kan hy vir sy volk vleis bring?” Daarom, toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword. Dit was soos 'n vuur wat gebrand het teen die nageslag van Jakob, teen Israel. God was kwaad omdat hulle nie geglo het dat Hy sal doen wat Hy belowe het nie, hulle het nie geglo dat Hy hulle sal red nie.
PSALMS 78:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel; omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
PSALMS 78:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Hy het die rots geslaan, dat die waters gevloei het en die strome oorstroom het; kan hy ook brood gee? kan Hy vir sy volk vlees voorsien? Daarom het die HERE dit gehoor en toornig geword; Omdat hulle nie in God geglo het nie en nie op sy redding vertrou het nie
PSALMS 78:20-22 Die Boodskap (DB)
Hy kan mos ’n rots slaan dat jy net water sien spuit. Riviere kom mos uit rotse. Vir wat hou Hy dan nie ’n groot feesmaal vir sy volk met lekker brood en skottels vol vleis nie?” Die Here was baie kwaad toe Hy hoor wat hulle sê. Sy woede het soos ’n vuur op Jakob afgekom, soos ’n orkaan op Israel, want hulle wou nie in God glo nie. Hulle het nie op sy hulp staatgemaak nie. Gelukkig is God ’n goeie God; daarom het Hy sy volk gehelp.