PSALMS 77:9-13
PSALMS 77:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie? Het God vergeet om medelye te hê? Het Hy in sy toorn sy ontferming onttrek?” Sela En ek sê: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.” Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër. Ek wil nadink oor al u werk en oor al u dade peins.
PSALMS 77:9-13 Bybel vir almal (ABA)
Het Hy heeltemal vergeet wat Hy vir ons belowe het? Sal Hy nooit weer met ons praat nie? Wil God nie meer genadig wees nie? Of is Hy so kwaad dat Hy nie weer jammer kan wees vir ons nie? Sela En dan sê ek: Daar is iets wat my ongelukkig maak, dit is dat die Hoogste God nie meer doen wat Hy voorheen gedoen het nie. Ek dink aan wat die Here gedoen het, die wonderlike dinge wat U gedoen het, lank gelede, ek dink aan alles wat U gedoen het, die groot dinge wat U gedoen het.
PSALMS 77:9-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela. Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander! Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
PSALMS 77:9-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is dit vir altyd die einde van sy troue liefde? Het sy boodskappe van geslag tot geslag tot 'n einde gekom? Het God vergeet om genadig te wees, of het Hy in toorn sy ontferming opgehef? Sela Toe het ek gesê: “Dit is wat my kwel – die verandering van die Allerhoogste se regterhand.” Ek sal die HERE se dade onthou, ja, ek wil u wonders van vroeër onthou. Ek sal oor al u werke mymerend prewel, oor u handelinge wil ek nadink
PSALMS 77:9-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Het God vergeet om genadig te wees? Het hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela. En ek het gesê: Dit is my krankheid, maar ek sal dink aan die jare van die regterhand van die Allerhoogste. Ek sal dink aan die werke van die HERE; sekerlik sal ek dink aan u wonders van ouds. Ook sal ek oor al jou werk peins en oor jou handelinge praat. U weg, o God, is in die heiligdom; wie is so 'n groot God soos ons God?
PSALMS 77:9-13 Die Boodskap (DB)
Gaan Hy sy troue liefde altyd van my af wegvat? Het sy belofte om sy kinders in hulle swaarkry te help, nou eens en vir altyd tot ’n einde gekom? Het God dan vergeet om weer goed aan ons te doen? Is hy so kwaad dat Hy Hom nooit weer oor ons gaan ontferm en ons jammer kry nie? En ek dink: My grootste bekommernis in die lewe is dat die Allerhoogste nie weer soos voorheen goed aan ons gaan doen nie! Toe het ek ver teruggedink, na dit wat God lank terug gedoen het. Vroeër het die Here buitengewone, wonderlike dinge gedoen. My gedagtes het stilgestaan by al u groot werke. Ek kon nie ophou nadink oor alles wat die Here gedoen het nie.
PSALMS 77:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Het sy troue liefde vir altyd verdwyn? Het sy beloftes tot ’n einde gekom? Het God sy medelye vergeet? Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela Ek het gesê: “Dit is my droefheid: dat die Allerhoogste nie optree soos Hy voorheen gedoen het nie.” HERE, ek onthou wat U gedoen het, ja, ek onthou u wonderlike dade van destyds. U dade bly in my gedagtes. Al u werke wil ek bepeins.